5 dae gelede
Help cops om ‘monster-pa’ op te spoor
Thanduxolo Mtshizana  ~ 

DIE polisie in die Oos-Kaap vra Sonlanders se hulp om ’n pa wat al maande lank on the run is, op te spoor.

Thanduxolo Mtshizana (47) is op 16 November 2017 aangekeer en aangekla vir die wrede aanranding op sy biologiese kinders. Hulle was toe tussen 6 en 11 jaar oud.

Die nare voorval het in Cambridge in Oos-Londen gebeur.

Op 15 Oktober 2018 het Mtshizana tydens ’n hofverskyning in die landdroshof in Oos-Londen ontsnap. Die verhoor was toe aan die gang.

Mtshizana het vir sy lawyer gesê hy is dors en gaan ’n koeldrank koop.

Hy het toe nooit na die hof teruggekeer nie.

’n Lasbrief is uitgereik en ’n manhunt begin, maar sonder enige sukses.

Die polisie volg nog alle leidrade op.

Mtshizana is laas gesien in Seepunt in die Kaap.

  • Enige een met inligting oor waar Mtshizana hom bevind, word versoek om onmiddellik die tolvrye Stop Misdaadnommer te bel by 08600 10111.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters