12 dae gelede
Hele lang lockdown
VERLANG: Geomaure Hagos was op die punt om met haar kind terug te keer na die VAE toe die lockdown haar planne wim kom maak.  ~ Foto Verskaf

SY’S ’n kind van die Nor­therns. Gebore en getoë in Kleinskool.

Maar haar hart brand vir die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), waar haar hubby tans is.

Geomaure Hagos het ’n bietjie meer as ’n jaar gelede met Mikias Hagos getrou en in die VAE gesettle.

In Maart moes sy ná ’n kuier in haar hometown terugvlieg sodat sy en hul eersteling weer by haar man kon wees. Maar toe steek die lockdown-duiwel kop uit ...

“Ek sou net voor die lockdown na Abu Dhabi vlieg, maar toe kom die lockdown en alle vlugte word gekanselleer,” vertel Geomaure teleurgesteld.

Vreugde

“Ek het spesiaal in Desember Baai toe gevlieg vir die geboorte van my en Mikias se eersteling. Daai tyd was ek 32 weke swanger en die idee was dat my ma my met die baba sou help, want ons het niemand gehad om my te help nie.

“Ons bondeltjie vreugde is op 18 Januarie gebore, en tot vandag toe het sy pa hom nog nie vasgehou nie.

“Dit is baie frustrerend. Hoewel ek dit waardeer om by my ma te wees, verlang ek tog na my man en dat hy sy kind fisiek moet sien.

“Ons doen baie video calls maar dit is nie die ware Jakob nie.”

Volgens Geomaure is tientalle ander mense in dieselfde bootjie as sy.

Sy sê hulle het glad ’n WhatsApp-groep gestig en daarin bekla Suid-Afrikaners oor die land heen hul lot teenoor mekaar.

Sy het egter besluit sy gaan weens gesondheidsredes nie nou met die vier maande oue baba reis nie.

Geomaure beklee ’n administratiewe pos in die VAE. Sy hoop nou maar die Covid-19-pandemie waai gou oor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters