2 maande gelede
Hele ent na burgie se chain
MAYORS: Athol Trollip en Mongameli Bobani in Augustus 2016. Foto: theo jeptha  ~ 

MONGAMELI Bobani se promotion in die Nelson Mandelabaai-metro het ’n lang aanloop.

Hy is op 18 Augustus 2016 as onderburgemeester van die Metro bevestig.

Die UDM met twee setels en Cope en die ACDP, elkeen met een setel, het ná die verkiesing saam met die DA ’n koalisieregering gevorm.

Hy is ook aangestel as die burgemeesters­komiteelid vir openbare gesondheid.

Nie lank daarna nie was daar probleme in die koalisie-kooi omdat Athol Trollip, destydse burgemeester, en Bobani, gereeld koppe gestamp het. Nege maande later het Trollip hom as burgemeesters­komiteelid gepos.

Drie maande daarna is hy op ’n volle raadsvergadering as onderburgemeester uitgestem ná ’n wantroue­mosie.

Marlon Daniels van die PA het die mosie gebring en Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, het dit gesekondeer.

Bobani het hom tot die hooggeregshof gewend, maar sy aansoek om ’n interdik om sy “onregmatige” verwydering teen te staan, is van die rol geskrap omdat dit nie dringend was nie.

Verskoning

Bobani en Daniels het toe in November ’n wantroue-mosie teen Trollip gebring. Dit het misluk omdat die EFF buite stemming gebly het.

Daniels het op ’n nuuskonferensie aan Bobani verskoning gevra vir die wantroue-mosie wat hy voorgestel het.

In Maart vanjaar, ná agt uur en sonder om konsensus oor enigiets te bereik, het die raad besluit om die spesiale vergadering waar mosies van wantroue in onder meer Trollip bespreek sou word, met twee weke uit te stel.

Bobani het op hierdie vergadering kennis gegee van ’n mosie om die hoofsweep, Werner Senekal, uit sy pos te ver­wyder en te vervang.

Drie vergaderings later – in April, Mei en Augustus – en daar is nie oor die mosies gestem nie.

Jonathan Lawack is Maandag eerste as speaker verwyder ná ’n suksesvolle wantroue-mosie deur Bobani.

Zilindile Vena van die EFF het dit gesekondeer.

Daarna is Trollip, Senekal en die koalisieregering se burgemeesterskomitee almal in hulle afwesigheid verwyder.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters