2 maande gelede
Held geskiet toe hy wou help
Curtley van Staden
Curtley van Staden  ~ Facebook

DIE polisie ondersoek nog die moord van 'n jong man van Salt Lake in Gqeberha.

AlgoaFM berig Curtley van Staden (24) is Dinsdagoggend naby sy huis doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu, 'n polisiewoordvoerder, sê die polisie het Dinsdagoggend om 11:00 gereageer op 'n skietery in Harringtonstraat en Van Staden naby sy huis in die pad sien lê. Hy het verskeie skietwonde opgedoen.

Naidu sê Van Staden se ma het mense hoor skree en toe gaan ondersoek instel. Sy het toe gesien dat dit haar seun is wat geskiet is.

Van Staden het verskeie skietwonde opgedoen. 

Die omstandighede rondom die moord word nog ondersoek.

Kaycee Rossouw, 'n radio-omroeper by AlgoaFM, sê in 'n inskrywing op Facebook Van Staden is doodgeskiet toe hy wou keer dat iemand beroof word.

Rossouw het hom 'n held genoem.

"Hy het sonder om te huiwer 'n wildvreemde persoon vreesloos beskerm. As die uitkoms maar net in sy guns was. Die stad het meer mans van sy kaliber nodig. Ek salueer jou jong man en betuig my diepste simpatie aan die familie en vriende," het Rossouw geskryf.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters