2 maande gelede
Health kry ’n groot boost
HELEN SAULS-AUGUSTFoto: MBULELO SISULU/DAILY SUN  ~ 

DIE Oos-Kaap se openbare gesondheidsgeriewe spog dié jaar met 1 243 nuwe aanstellings.

Pasiënte sal hieruit voordeel trek in die lig van die groot tekort aan gesondheidspraktisyns in die provinsie.

Dit vorm deel van die gesondheidsdepartement se jaarlikse aanstelling van pas ­gekwalifiseerde gesondheidswerkers.

Lwandile Sicwetsha, ’n woordvoerder van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement, sê onder meer 130 dokters, 179 mediese interns, 76 aptekers, 76 verpleërs, 654 gemeenskapswerkers en 18 tandartse is vir drie jaar by die gesondheidsgeriewe geplaas.

Die kandidate sal vir twee jaar ’n mediese internskap ondergaan en een jaar gemeenskapsdiens doen.

Die LUR vir gesondheid, Helen Sauls-August, sê: “Die Oos-Kaap het baie fasiliteite met hoë siekte-getalle. Dit is die tipe plekke wat geprioritiseer sal word met die in­name.

“Mediese beamptes is geplaas in areas waar daar hoë volumes pa­siënte, sekere tipes siektes, kindersterftes en obstetrics-uitdagings is. Dis in distrikte soos Alfred Nzo, Amathole en O.R. Tambo.”

Mediese interns is dokters wat pas hulle studie voltooi het of in hulle laaste studiejaar is.

Hulle het op 1 Januarie hulle twee jaar lange internskap begin.

Dadelik

Gemeenskapsdiens-dokters het reeds twee jaar van hulle internskap voltooi en doen dan een jaar gemeenskapsdiens.

Die tandartse het óf hulle studie voltooi óf voltooi nou hulle laaste jaar.

Tandartse doen nie ’n internskap nie, maar doen dadelik gemeenskapsdiens.

Verpleërs wat in hulle laaste studiejaar is of dit pas voltooi het, doen ook dadelik gemeenskapsdiens.

Die aptekers het pas hulle jaar lange internskap voltooi.

Gemeenskapswerkers sluit in fisioterapeute, arbeidsterapeute, radio-terapeute, spraakterapeute, audiologists, omgewingsgesondheids-praktisyns en radiographers.

Hulle almal is in hulle laaste studiejaar of het hulle graad onlangs behaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters