Verlede jaar
Groep dra die boodskap uit
GEDENK: Die gr.7-leerders van die Bethvale Primêre Skool op die plek waar Hector Pieterson geskiet is. FOTO’S verskaf  ~ 

’N GROEPIE van 15 gr. 7-leerders van die Primêre Skool Bethvale in Bloemendal het Saterdag ’n gedig deur een van hul onderwysers, Clint Rensburg, by die Hector Pieterson Memorial in Soweto voorgedra.

Dit was ook nie die leerders se eerste voordrag van die gedig “Our Cry” nie. Hulle het dit twee jaar gelede, toe hulle in gr. 5 was, op die plaaslike Christelike radiostasie PEFm voorgedra.

Rensburg sê alles het goed afgeloop, al is die kultuur daar anders.

Hy sê sy gedig is geïnspireer deur die toestand waarin die onderwys was, met oorvol klasse en ’n gebrek aan onderwysers.

“Die gedig was ook daarop gemik om leerders te inspireer om hul beste in hul skoolwerk te lewer omdat daar mense soos Hector Pieterson was wat met sy lewe betaal het vir ’n beter onderrigstelsel.

“Die gedig beklemtoon die opvoedkundige uitdagings waarmee leerders vandag steeds te doen kry. Oorvol klasse het ’n norm geword vir vandag se leerders en dit het grootliks bygedra tot die leerprobleme wat hulle ervaar.” Hy voeg by dat die onderwysdepartement aandag gee aan die vele uitdagings in die onderwysstelsel, maar die vordering is stadig.

Gereis

“Intussen is dit ons plig as opvoeders om bewustheid onder leerders te skep, sodat hulle meer waardering toon vir diegene wat hul lewe opgeoffer het om te verseker dat leerders vandag nie van die reg tot beter onderwys beroof kan word nie.”

Volgens Rensburg het die leerders van die digkunsgroep nooit voorheen per vliegtuig gereis nie.

“Wanneer ’n retoervlug nie deel van u maandelikse begroting is nie, kan die idee van ’n toer van hierdie aard met skeptisisme beskou word, maar nie vir die ouers van hierdie leerders nie.

“Die ouers het die meeste van die geld betaal. Die res is uit die verkope van bunny chows en cupcakes wat op Vrydae by die skool plaasgevind het. Met die genade van God en suiwer vasberadenheid het die ouers en personeellede van die Bethvale Primêre Skool hierdie toer ’n werklikheid gemaak.”

  • Die gedig “Our cry”

deur CP Rensburg (2016)

Rise, rise, rise from the dust, son of Africa, arise!

From the voice of your people come these desperate cries.

Seventy-six was spilt your blood in vain,

for still we suffer the same old pain.

Was this the freedom for which you fought,

a crowded class where the youth is taught?

No, oh no! To those who cried,

this is not the freedom for which I died.

Where are they for I cannot see,

those who ran the race with me?

Ignore they do our needy call,

or did they too with Hector fall?

Rise, rise, rise, oh fearless heart!

For still we learn and live apart.

Clouds of injustice floating by,

now exposing the promised lie.

For knowledge now requires gold,

therefore our parents standing bold.

Can you not speak and make it clear,

uncertain future we to fear.

Yes, oh yes! To those who cried,

this is not the future for which I died.

Make them see their destructive ways

then reach to God with song and praise.

This we’ll do by standing tall,

for Hector gave his life for all!

Kopiereg voorbehou: CP Rensburg, 2016.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters