7 dae gelede
Granny (83) in flat aangerand, gerob
gefaal: AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het die agt rowers vinnig vasgetrek.Foto: son  ~ 

DIE polisie in Port Elizabeth soek na twee verdagtes wat ’n bejaarde vrou in haar flat in Sentraal aangerand het.

Die 83-jarige vrou se hond is in die voorval Woensdagoggend gesteek en het gevrek.

AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê die inbrekers het deur ’n skuifdeur toegang tot die granny flat gekry.

Die vrou is gedreig en aangerand. Daarna is sy vasgebind en die rowers het haar woonplek ge-ransack.

Die slagoffer het daarin geslaag om haar seun, wat in die hoofhuis bly, in die hande te kry, waarna sy na die hospitaal geneem is.

  • Enige een met inligting word versoek om hulle naaste polisiestasie te kontak.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters