7 maande gelede
Graadjies gaan skool toe
gereed: Gr. 1-leerders van die Primêre Skool Republiek wys hulle is wenners.  ~ 

VANJAAR se gr. 1’tjies in die Baaise Northerns het hulle eerste skooldag heel dapper aangepak – die meeste van hulle sonder om ’n enkele traan te stort.

Die sad gedeelte is dat talle desperate ouers weggewys moes word omdat baie skole reeds vol is.

Son het gister ’n draai gaan maak by ’n paar skole in die Baaise noordelike gebiede.

Sommige ouers het moeiliker afskeid geneem as hulle bloedjies en sommer ure lank by hulle in die klas gesit.

By die Primêre Skool Republiek in Windvogel is talle ouers weggewys.

Die hoof, Charles Adams, sê dis omdat hulle nie meer leerders kan akkommodeer nie.

Hy sê daar is ouers wat gister vir die eerste keer by die skool opgedaag het in die hoop om plek te kry vir hulle kinders.

Dit, sê hy, moes egter al verlede jaar in Augustus gedoen gewees het.

hartseer: Jaylin Fredericks van die Primêre Skool Republiek kan nie haar trane terughou nie.
trane: Klein Jade Corderoy van die Primêre Skool Helenvale wil nie hê sy ma moet hom alleen los nie.
BAIE bly: Jamie Plaatjies en haar tweelingsuster, Tamica, is opgewonde oor hulle eerste dag as gr. 1-leerders by die Primêre Skool Helenvale.
moeg: Zylon Merrington, ’n gr. 1-leerder by die Primêre Skool Republiek, gaap al vroegoggend in die klas. Foto’s: THEO JEPTHA
glimlag: Die gr. 1-klassie by die Primêre Skool Republiek is reg vir wat die jaar inhou.
Trots: Marshall Windvogel (regs) en sy oupa Saul January.
GEE OM: Kelly Muller, ’n gr. R-juffrou by die Primêre Skool Die Heuwel, help Diego du Toit (links) en Gabriella Dolph met hulle klaswerk.
opgewonde: Chelsea France (links), Rosnique Zaaymans, Kendell Blignaut en Shakirah Adams van Papenkuil Primêr is lus vir die nuwe skooljaar.
verlange: Jayda Pokpas, ’n gr. R-leerder by die Primêre Skool Machiu, vee haar trane af.
gereed: Gr. 1-leerders van die Primêre Skool Republiek wys hulle is wenners.

“Ons het drie gr. 1-klasse met 40 kinders in ’n klas. “Vanjaar is daar 40 nuwe gr. R’s en 120 gr. 1’s.

“Die ouers was baie trots op hulle kinders. Daar was min huilery – dis omdat die meeste gr. 1’s hier in gr. R ook was en teen dié tyd al gewoond is aan die skool.”

By die Primêre Skool Die Heuwel in Hillside is die klasse ook vol.

Die nuwe hoof, Anthony Walton, sê die skool probeer ouers so ver moontlik tegemoetkom.

Ouers wat gister eers hul kinders wou laat registreer, is egter weggewys.

Walton verduidelik: “Vanjaar het ons 102 gr. R-leerders en 136 gr. 1-leerders. Daar is 34 kinders in ’n klas.

“Die uitdaging is dat ons klaskamers baie klein is.

“Ons het hierdie jaar besluit om ’n ekstra gr. 1-klas by te voeg sodat die kinders onderrig van ’n beter kwaliteit kan ontvang.”

Inskrywings

By die Primêre Skool Machiu in Salt Lake is die klasse propvol.

Volgens die hoof, Ralph Blignaut, is daar vanjaar 101 inskrywings vir gr. R, wat drie klasse het.

Die sowat 132 gr. 1-leerders sal vier klaskamers vol sit. Die gemiddelde getal kinders in elke klas is 35.

“Ons moes ouers wegwys. Baie van hulle het gewag tot op die laaste nippertjie.

“Ons akkommodeer eerste die gr. R’s.

“Ons het ’n waglys, maar gaan nie hoër as 20 kinders per klas nie.

“Verder raai ons die ouers aan om ook na ander skole toe te gaan.”

Hy sê hy was taamlik verbaas om te sien dat die meeste van die leerders nie gehuil het op hulle eerste skooldag nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters