4 maande gelede
Getuie sê oor business card
Anna Swanepoel  ~ 

DIE staat het Vrydag ’n staatsgetuie teruggeroep oor ’n business card wat die geskrapte prokureur ­ Anna Swanepoel glo vroeër aan haar gegee het.

Danielle Simone Oliver het vroeër verlede week getuig sy en haar man, Chezlin, het Swanepoel gaan spreek oor ’n papgeld-saak.

Danielle het Vrydag gesê sy het die vorige aand die business card wat Swanepoel vroeër aan haar gegee het, opgespoor.

Dít kom nadat sy vroeër in kruisondervraging gevra is om ’n business card te identifiseer.

Volgens Danielle was dié betrokke kaart die tweede een wat sy van Swanepoel ontvang het.

Sy sê die eerste business card wat sy van Swanepoel ontvang het, het haar (Swanepoel se) bankbesonderhede op gehad.

Adv. Ulrike de Klerk, staatsaanklaer, het Danielle toe gelei om te getuig dat daar op die business card voor die hof staan “Legal Consultant and Advisor”.

Danielle het ook getuig oor al die soort sake wat Swanepoel doen.

Die betrokke kaart dui ook Swanepoel se kwalifikasies aan.

Belangrikste

Danielle het in kruisondervraging aan Swanepoel se lawyer, Alwyn Griebenow, gesê sy weet nie waar die eerste business card met die bankbesonderhede op is nie.

Hierop het Griebenow aan haar gesê dat daardie betrokke kaart dan die belangrikste een is, want dit het die bankbesonderhede op.

Volgens Danielle weet sy nie wat van daardie business card geword het nie.

Sy het gesê op die miss­ing kaart staan daar geskryf “Attorneys at Law”.

Hierop het Griebenow gesê Swanepoel ontken dat sy die business card aan Danielle gegee het.

Volgens hom sê Swanepoel sy het nie twee business cards vir Danielle gegee nie, maar net die een.

Hy het voorts gesê Swanepoel bevestig dat sy vir Danielle haar bankbesonderhede gegee het, maar dat dit nie agterop ’n business card geskryf was nie.

  • Intussen het die staat die hof gevra om een van die vorige staatsgetuies, Ntombikaya Ntoto, te verskoon omdat sy in dié sta­dium nie in ’n posisie is om verder te getuig nie.

Volgens De Klerk sukkel sy met haar spraak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters