2 maande gelede
Getuie kry 2 dreigoproepe
Mabhuti Kilani Foto’s: deon ferreira  ~ 

MINUTE voordat ’n staatsgetuie in ’n moordverhoor moes getuig het, het hy twee dreigoproepe ontvang om nie te getuig nie.

Hy het gister se calls ontvang terwyl hy in die Baaise hooggeregshofgebou gewag het om te getuig.

Die 32-jarige man getuig in die moordverhoor van Thokozani Namete (22) en Mabhuti Kilani (33), albei van Motherwell.

Hulle word verdink van die skietdood van Zamumzi Sotyelele op 3 September 2016 in Motherwell.

Die getuie se naam word om veiligheidsredes weerhou.

Volgens die getuie het hy eergisteraand by sy huis en gisteroggend in die Baaise hooggeregshofgebou dreigoproepe ontvang wat met die moordverhoor verband hou.

Hy het getuig in die oproepe sê die persoon onder meer hy moenie hof toe kom nie.

Die inbeller sê voorts die getuie se kinders gaan doodgemaak word omdat hulle weet waar die kinders woon.

Nóg ’n dreigement lui die getuie moet sê hy ken nie die beskuldigdes nie en dat hulle hom en sy familie gaan doodmaak.

Die getuie sê voorts vroeër­ vanjaar het hy afgekom op ’n voicenote dat daar ’n sameswering is om hom, ene Lebo en ’n minderjarige seun te vermoor – dit, sodat die saak kan doodloop.

Volgens die getuie het hy op 3 September 2016 van 16:00 saam met sy broer by Viva’s­­ Taverne uitgehang.

Hy sê tussen 00:00 en 01:00 het Namete hom gebel en gevra om hom en vyf van sy vriende te kom oplaai en na ’n tavern te neem.

Ingeklim

Volgens hom het hy aanvanklik vir Namete gesê hy slaap, maar hy (Namete) het volgehou.

Die getuie sê Namete het hom instruct presies waar hy moes parkeer by die Chabisa Primêre Skool waar hy hulle moes oplaai.

Volgens hom het Namete, ene Lebo, Mabhuti en nóg twee ander persone wie aan hom (die getuie) onbekend was agter by die motorkar ingeklim.

Hy sê Namete het ’n groot gun in sy hand gehad. “Ek was geskok en het gebewe, maar ek het gery.”

Hy sê op pad na die plek waar hy eventually stilgehou het, het die musiek in die kar gespeel en kon hy nie uitmaak waaroor die mans op die agtersitplek praat nie.

Volgens die getuie het Namete hom later opdrag gegee om stil te hou.

Hy sê die mans het uitgeklim en aan hom gesê om vir hulle te wag, waarna hulle by bosse ingestap het.

Volgens die getuie het hy uit vrees maar vir hulle gewag omdat hulle weet waar hy woon en ook omdat hulle ’n vuurwapen het.

Die getuie sê ná sowat ’n halfuur het net Namete, Kilani en Lebo na die voertuig teruggekeer.

Volgens hom het hy hulle niks uitgevra nie.

Hy sê omdat daar plase in die betrokke omgewing is, het hy gedink Namete-hulle het die twee mans na een van die plase vergesel.

Volgens hom het Namete hom toe gevra om hulle in Mdantsane NU10 langs die hoofweg te gaan drop.

Adv. Mark Driman kla aan.

Die hofsaak duur voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters