3 maande gelede
Gesloer nie 3 se skuld – regsou
Timothy Omotoso  ~ 

DIE verdediging in die Omotoso-verhoor hoor na verwagting môre of sy aansoek om verlof tot appèl toegestaan gaan word of nie.

Timothy Omotoso (60) staan saam met Lusanda Sulani (36) en Zukiswa Sitho (28) tereg op altesame 97 klagte van onder meer verkragting en mensehandel.

Die beskuldigdes se lawyer, Peter Daubermann, se aansoek om verlof tot appèl kom nadat regter Irma Schoeman verlede week gerule het die sertifisering-sertifikaat met betrekking tot die sentralisering van klagte is geldig.

Daubermann het die hof gister daaraan herinner dat die relevante klagte nie in die betrokke sertifisering-sertifikaat uiteengesit is nie.

Die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) het die sertifikaat met betrekking tot die sentralisering van die klagte in die eerste klagstaat gemagtig.

Die verdediging het in die eerste verhoor nog inligting aangevra oor die klagte in die eerste klagstaat, waarna ’n tweede klagstaat opgestel is.

Volgens Daubermann is daar geen manier hoe ’n mens weet watter weergawe van die klagstaat die voormalige NDOV voor hom gehad het toe hy magtiging gegee het nie.

Daubermann het gesê die voormalige NDOV moes die sertifikaat aan die betrokke klagstaat geheg het. Volgens hom maak sy failure om dit te doen die sertifikaat ongeldig.

Volgens Daubermann korreleer die klagte soos uiteengesit in dié sertifikaat glad nie met die klagte soos uiteengesit in die huidige klagstaat nie.

Hy het hier verwys na ’n oortreding vervat in klag 25, wat luidens die huidige klagstaat in Port Elizabeth begaan is, terwyl die sertifikaat sê die oortreding is in KwaZulu-Natal begaan.

Hy het ook verwys na ’n oortreding vervat in klagte 53, wat luidens die nuwe klagstaat in Nigerië commit is, maar luidens die sertifikaat in KwaZulu-Natal begaan is.

Hy het gesê die verdagtes is nie verantwoordelik vir die vertraging van die verhoor nie.

Daubermann het gesê sy kliënte wil hê die verhoor moet afgehandel word, maar nie ten koste van hulle regte nie.

Hy het daarop gewys die hof kan deur niemand onder druk geplaas word om die verhoor so gou moontlik te finaliseer nie.

Adv. Nceba Ntelwa, staatsaanklaer, het gesê Omotoso is ’n geruime tyd al in aanhouding. Volgens hom kan die beswaar teen jurisdiksie in dié stadium nie tot voordeel van die verdagtes wees nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters