9 dae gelede
Gesinne begin ’n nuwe lewe
dankbaar: Die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings in PE, Andile Mfunda (links), staan by die nuwe huiseienaars, Phillip en Johanna Zealand. Foto’s: theo jeptha  ~ 

DRIE gesinne is onlangs verras met splinternuwe huise.

In die hartjie van Tamboville in Uitenhage is nuwe huise gebou.

Die LUR vir menslike nedersettings in die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, en die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings in die Nelson Mandelabaai-metro, Andile Mfunda, was daar om die oorhandiging te behartig.

Dié oorhandiging vorm deel van die departement se program om behoeftige, kwesbare en huislose inwoners te ondersteun.

Dié program prio­ritiseer senior burgers, gestremdes, militêre veterane en huise wat deur kinders bestuur word.

Johanna Zealand, een van die jongste huiseienaars, het gesê sy is in haar noppies met haar nuwe huis.

“Ons is ag mense wat ag jaar in ’n wendyhuis gebly het.

“Ek voel baie bly en is excited daaroor om in ’n nuwe huis te slaap,” het sy gesê.

Anne Byneveldt, ook ’n huiseienaar, het gesê hulle het voorheen in ’n tydelike struktuur gebly.

“Ek is baie dankbaar vir almal wat ’n aandeel aan die bou van my huis gehad het.

“Ek was so opgewonde om in die nuwe huis te slaap dat ek nie eens geslaap het nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters