2 maande gelede
Gemoan oor ure help toe nie
thandoxolo vumazonke Foto: deon ferreira  ~ 

’N AANSOEK om ontslag deur een van wyle Denise Marlene Webber (78) se vermeende moordenaars is Vrydag – met koste – in die Baaise hooggeregshof­ van die hand gewys.

Adv. Zolile Ngqeza het die aansoek namens Thandoxolo Vumazonke (23) gebring.

Ngqeza meen sy kliënt is ná sy arrest onwettig aangehou.

Dit omdat hy die Sondag skuins ná 10:20 in hegtenis geneem en eers 12:00 (twee dae later) Dinsdag die eerste keer voor ’n landdros gebring is – nadat meer as 48 uur reeds verstryk het.

Vumazonke staan saam met Fikile Mengo (20), Mkhuseli­ Ngqanda (29) en Sinethemba Nenemba (28) tereg op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Webber is op 20 Augustus 2015 in haar huis in Kabega Park vermoor.

Regter D. Chetty sê Vrydag in sy uitspraak in Seksie 50 (2) van die Strafproseswet word “ordinary court hours” gedefinieer as die ure van 09:00 af tot 16:00.

As die 48 uur-periode verstryk op ’n dag wat nie ’n hofdag is nie of op enige hofdag ná 16:00, verstryk die genoemde periode van 48 uur eers 16:00 die next hof- dag.

Hy sê op enige hofdag voor 16:00 verstryk die 48 uur-periode eers 16:00 daardie betrokke hofdag.

Chetty sê die slaafse vasklewing aan spesifieke tye kan tot dwaasheid lei.

Hy het hier ’n voorbeeld genoem van waar ’n groep verdagtes betyds na die hof gebring kan word, maar weens ’n oorvol hofrol eers ’n uur of twee na die verval van die 48 uur periode voor ’n landdros kan verskyn.

Hierop vra Chetty of dit ooit in dié verband gesê kan word dat die aanhouding in dié verband onwettig is.

Volgens hom is die antwoord vanselfsprekend.

Adv. Jason Thysse kla aan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters