2 maande gelede
Gemeenskap neem reg in eie hande
Die man is doodgeslaan nadat hy van verkragting beskuldig is.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo iStock

'N MAN van die Oos-Kaap is doodgeslaan in 'n beweerde mob-aanval nadat hy van verkragting beskuldig is.

Die voorval waarin die man doodgeslaan is het Donderdag in Xonya naby Dutywa plaasgevind.

Kapt. Namhla Mdleleni, 'n polisiewoordvoerder, sê die 28-jarige man is van verkragting beskuldig en daarna doodgeslaan.

Mdleleni sê die moord het plaasgevind nadat 'n inwoner na sy niggie gaan soek het. Hy het haar na bewering by die slagoffer se huis gekry.

"Sy het aangedui dat sy deur die man verkrag is. Alarm is gemaak, die gemeenskap is gemobiliseer en die slagoffer in 'n oop veld gejaag waar hy doodgeslaan is".

Die plaaslike polisie het sedertdien ’n saak van verkragting en moord geopen.

Geen arrestasies is nog gemaak nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters