Verlede maand
Gekaapte motor gebruik om ouetehuis te beroof
'n Gekaapte motor is Dinsdag gebruik om 'n ouetehuis in Zwide te beroof.  ~ Foto ter illustrasie

SPEURDERS van Gqeberha is op soek na drie gewapende verdagtes wat Dinsdag ’n ouetehuis in Zwide beroof het. 

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die drama het afgespeel toe ’n man net voor middagete deur drie verdagtes in Somphontshastraat gekaap is.

Sy sê die klaer moes noodgedwonge na die ouetehuis in Booistraat ry waar die verdagtes ’n kantoordeur afgebreek het en ’n onbekende bedrag kontant gesteel het.

Swart sê die klaer is toe teruggedwing in sy VW Polo waarna hulle na ’n kliniek in Zwide gery en hom afgelaai het.

Die polisie het later die verlate motor in dieselfde straat gevind waar dit gekaap is.

Die polisie ondersoek sake van sakeroof, kaping en ontvoering.  – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters