12 dae gelede
GBV-voorvalle ruk die baai
Gender-based violence has been declared a second pandemic as the country is gripped by countless deaths and attacks. PHOTO: Samantha Lee-Jacobs  ~ 

TALLE voorvalle van geslagsgebasseerde geweld ruk die afgelope tyd die Baai.

Die ontdekking van 'n 16-jarige meisie se lyk in die bosse tussen Gelvandale en Algoa Park is skaars 'n week na die verkoolde oorskot van die 37-jarige Salvana Seloane in Gelvandale gevind is.

Volgens kol. Priscilla Naidu, 'n polisiewoordvoerder, is die tienermeisie herhaaldelik gesteek. Sy noem dat 'n saak van verkragting kan ook moontlik later bygevoeg word.

AlgoaFM berig dat die tiener teen Vrydag nog nie geidentifiseer nie en was daar nog geen arrestasies nie.

"Die polisie het wel oproepe ontvang van mense wie na hul vermiste kinders soek.

"In die saak van Seloane is 'n 27-jarige verdagte kort na die voorval gearresteer. Dit kom nadat 'n taxibestuurder die polisie inkennis gestel het van 'n man wie kaalbolyf loop met krapmerke aan sy liggaam en bloed op sy broek." 

Vroeg in Desember is die Baai geruk met die gru-moord op 'n plaaslike prokureur, Zaida Samodien. 

Die 33-jarige is doodgesteek en haar swanger liggaam op die N2 naby die Gamtoosbrug gekry. Dit kom nadat 'n lorrie-bestuurder die polisie inkennis gestel het.

Haar man, Rizaan Shinaaz, is kort daarna gearresteer. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters