3 maande gelede
Gawe gees by Griekwa-fees

ALLE paaie het gelei na Kokstad in die Oos-Kaap vir die jaarlikse Griekwa-fees, wat die sesde agtereenvolgende jaar daar aangebied is.

Dr. Vivian Kok, hoof van die koninklike Kok-familie, sê Kokstad is die hoofstad van die Griekwas.

Volgens hom het baie inwoners van Kokstad vroeër na onder meer Port Elizabeth, Oos-Londen, Durban, Pietermaritzburg en die Wes-Kaap verhuis vir jobs.

Hy sê dié mense het hulle daar gevestig, hulle kinders is daar gebore en gaan daar skool.

Volgens hom is die doel van dié fees, wat laas Saterdag plaasgevind het, dan juis om die Griekwas in Oos-Griekwaland te verenig en hulle kultuur en tradisies te versterk.

Volgens Kok is die Griekwa-fees destyds ingestel deur Nosisa Jojozi, voormalige burgemeester van die Groter Kokstad Munisipaliteit, in samewerking met die departement van kuns en kultuur in KwaZulu-Natal en die Oos-Griekwalandse Tradisionele Raad.

Volgens Kok was Gabriel Marais en ander lede van die Oos-Griekwalandse Tradi­sionele Raad die eerste vennote van die Griekwa­gemeenskap wat die Griekwa-fees in Kokstad ingestel het.

Kok sê die fees het destyds maar klein begin, maar het deur die jare heen momentum gekry.

Volgens hom het sowat 300 mense uit die uithoeke van die land die fees bygewoon.

Hy sê hulle het geëerd gevoel om die Khoisan van die Oos-Kaap ook in hulle midde te hê.

Kok sê die fees is bygewoon deur paramount chiefs, chiefs, senior­ leiers, senior hoofmanne van sover as Barkly-Oos, Lady Grey, die Kougavallei, Kimberley, Gauteng, die Nelson Mandelabaai Metro, Buffalostad Metro, King William’s Town, Port Alfred en Humansdorp.

Dié hooggeplaastes was beïndruk deur die talent wat die Griekwa-jeug display het. Deon Thompson en sy band van jong spelers is ook geloof vir ’n job well done.

Kok sê hulle het ’n warm, vreugdevolle atmosfeer geskep wat die mense in die regte luim vir die fees gekry het.

Die jeug se rieldans is staande toegejuig. Ander hoogtepunte was die dramas The Little Brown Child en Woman and Child Abuse.

Dié opvoerings het baie ouers emosioneel gelaat.

Tema

Volgens Kok is die program goed bestuur deur Timothy Kok, die programdirekteur.

Onder die tema “Who Am I” het die koninklike familiehoof, Eulander Aarons en paramount chief Crawford Fraser praatjies gelewer oor identiteit.

Volgens Kok gaan 2021 se sensus Griekwas ’n duidelike aanduiding gee van wie hulle dink hulle is.

Hy sê education in dié verband is baie belangrik.

Volgens hom is die Khoisan bekend as die Griekwa, Korana, Nama, Khoi en San. Hy sê die woord “coloured” bestaan nie in die Khoisan-woordeskat nie

.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters