9 maande gelede
Gangsters skiet jong ou in kop
beseer: ’n Jong man is Maandagaand in Barberryweg in Bethelsdorp in die kop geskiet. FOTO’S VERSKAF  ~ 

’N JONG man van Bethelsdorp Uitbr. 32 is Maandagaand in die kop geskiet.

Die polisie bevestig die man het dié kopskoot oorleef.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die skietvoorval het nagenoeg 20:30 gebeur.

“Daar word beweer omstreeks 20:30 het vyf mans wat tussen 23 en 29 jaar oud is, binne ’n buitegebou by ’n huis in Barberryweg gesit,” sê Naidu­.

“Skote is van buite na binne-in die huis gevuur.

“Een van die koeëls het ’n 23-jarige man in die kop getref en die ander het ongedeerd daarvan afgekom.”

Naidu sê daar was nog geen arrestasies nie en, aangesien dit bendeverwant is, ondersoek die provinsiale bende-ondersoekeenheid tans vyf sake­ van poging tot moord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters