2 maande gelede
Gangsters eis nog 'n jong lewe
Kol. Priscilla Naidu Foto: SON  ~ 

DIE bullets het weer gevlieg in die Baaise noordelike gebiede.

’n Tienerseun is dood en ’n man beseer in twee aparte voorvalle.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê Saterdag omstreeks 19:50 is ’n 37-jarige man in die maag geskiet.

Hy het speletjies gespeel by ’n game centre in ’n garage in Mallowstraat in Uitbreiding 31, Bethelsdorp.

“Twee onbekende verdagtes het skote op die garage gevuur (en die klaer getref). Die motief moet nog vasgestel word.

Gereageer

“Die bende-ondersoekspan van die provinsiale eenheid belas met georganiseerde misdaad ondersoek ’n saak van poging tot moord,” sê Naidu.

In ’n ander voorval het die polisie Vrydag 23:15 gereageer op ’n skietvoorval in Barberryweg in Uitbreiding 33, Bethelsdorp.

“By hulle aankoms is die 17-jarige tiener gevind waar hy lê in die agterplaas van ’n huis in Mistletoeweg. Michael Goeda het twee koeëlwonde in die kop opgedoen.

“Die insident is bendeverwant en ’n saak van moord word ondersoek,” sê Naidu.

’n Anonieme persoon sê Goeda was nie ’n gangster nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters