14 dae gelede
'Gangster' vas vir tiener se moord
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Vermeende Baaise gangster is op 'n klag van moord gearresteer.  ~ Foto ter illustrasie

’N VERMEENDE gangster van Port Elizabeth sal vandeesweek in die hof verskyn ná die moord op ’n 16-jarige seun.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê Damien Dennis is Saterdagaand dood nadat twee verdagtes in die Helenvale-omgewing op hom losgebrand het.

“Dennis en sy vriende het na bewering omstreeks 18:15 in die pad gestaan toe twee verdagtes op hulle begin skiet het.”

“Die slagoffers het begin hardloop, maar Dennis het geval en is op die toneel dood.”

Lede van die teenbende-eenheid het Sondag in die vroeë oggendure een van die verdagtes opgemerk en hom vasgetrek.

Hy sal in die Port Elizabeth-landdroshof op aanklag van moord teregstaan. - EWN

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters