Verlede maand
Gangster se stukkie like die mang niks
Alicia Beeming  ~ 

NET ’n paar dae nadat ’n veroordeelde oud-cop by die Noordeinde-gevangenis in die Baai ingecheck het om haar vonnis van vier jaar uit te dien, het sy aangedui sy wil aansoek doen om verlof tot appèl en ’n moontlike borgtogaansoek.

Streeklanddros Onke Myataza het Alicia Beeming (27) verlede maand vier jaar tronkstraf opgelê op ’n klag wat verband hou met dwars­boming van die gereg.

Beeming het vroeër skuldig gepleit op dié klag. Sy was ’n lid van die Baaise bende-eenheid en ’n ondersoek­beampte in bendeverwante sake. Sy was ook in ’n verhouding met ’n bendelid.

Myataza het Beeming toe 30 dae gegee om haar kinders uit te sort voordat sy haar vonnis begin uitdien. Haar aansoek om verlof tot appèl en bail is Dinsdag uitgestel omdat haar nuwe lawyer, Mark Jacobs, eers daardie betrokke dag die transkripsies van die verhoor ontvang het.

Haar vorige lawyer, Hennie Bence, het hom vroeër van die saak onttrek.

Die saak is toe uitgestel tot gister.

Teen gisteroggend laat is die hof ingelig dat Beeming weens ’n administratiewe fout nie na die hof gebring is nie.

Jacobs het toe versoek dat die saak vir eers van die hofrol geskrap word.

Die staat het geen beswaar hierteen aangeteken nie.

Die hof het versoek toegestaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters