10 maande gelede
Fluitjieblaser blaas die aftog
Dr. Kiran SukeriFOTO verskaf  ~ 

“HOSPITAAL van gruwels.”

Dít is hoe daar na die Psigiatriese Hospitaal Tower in Fort Beaufort verwys is toe die bewerings van “haglike en onmenslike” behandeling van pasiënte uitgekom het.

Dr. Kiran Sukeri, die psigiater wat in dié hospitaal gewerk het, het in Maart in Rapport beweer 90 pasiënte is sedert 2010 in dié hospitaal dood. Sukeri het later erken dié syfer is onakkuraat. Die hospitaalregisters dui 68 aan.

Die fluitjieblaser is kort ná sy mediarant gevra om te bedank.

Hy het gesê “oproerige” pasiënte is soms oornag in haglike kamers met net ’n emmertoilet toegesluit.

Een pasiënt wat só aangehou is, het glo in Februarie ’n laken om sy bene gebind en dit aan die brand gesteek. Hy het so ernstige brandwonde aan sy bene opgedoen.

Nóg aantygings was dat daar oor naweke geen dokters aan diens was nie. Pasiënte se klere was vol gate ondanks ’n klerebegroting wat miljoene beloop en hulle kos was van skokkende gehalte.

Sukeri het volgehou die pasiënte se regte word in dié toksiese omgewing “verkrag”. Hy gaan nie teen die ombudsman se bevindings appelleer­ nie, want “niks konstruktiefs” sal daarvan kom nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters