12 dae gelede
Fetus lê dood in plas water
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder. Foto: Argief  ~ 

DIE liggaam van ’n fetus is die naweek in ’n straat in die Marais- informele neder­setting in die Baai gevind.

Dit het kaal in ’n plas water in Langenhovenstraat gelê. Die water was danksy reëns.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisie­woordvoerder, sê die fetus is omstreeks 12:55 gevind.

Janse van Rensburg sê ’n inwoner het op die fetus afgekom en dat ’n geregtelike nadoodse ondersoek gedoen word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters