5 maande gelede
Familie het vrae oor verbrande lyk in veld
emile fourie Foto’s: deon ferreira  ~ 

’N RAAISEL omhul die branddood van ’n man van Booysenpark.

Lede van die gemeenskap het vermoedelik die man doodgebrand.

Dié voorval het gisteroggend plaasgevind in Koopmanstraat, 7de Laan.

Die oorledene, Denver Jacobs (34), se neef Emile Fourie het verslae op die toneel gestaan toe die lyk alreeds weggeneem is. Fourie en Jacobs het saamgewoon.

“Ons het ook baie vrae en is nie seker wat gebeur het nie. Daarom is ek nou hier om te kyk. Die mense praat daarvan, maar hulle sê nie wat het hy (verkeerd) gedoen nie. Dit was vir my ’n groot skok om uit te vind.”

Jacobs se gesin was ook nie by hul huis vir kommentaar nie.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die Bethelsdorp-polisie ondersoek ’n saak van moord nadat ’n verbrande lyk van ’n man 08:45 in ’n oop veld gevind is.

“Daar word beweer dat Denver Jacobs die vorige aand sy huis in Corianderstraat in Booysenpark verlaat het en nooit teruggekom het nie.

“Die motief en die omstandighede rondom sy dood moet nog vasgestel word.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters