10 maande gelede
En só lyk Son se vleiswenners
WENNER: Shirley Weitz by Francois Scholtz van Son.  ~ 

SEWE gelukkige Son­landers se Kerstafel gaan vanjaar propvol wees nadat hulle lekker vleis-hampers gewen het.

Son en Son op Sondag het dié kompetisie onlangs gehou.

Lucky deelnemers kon hampers wen met tong, soutvleis, lamsboud en beesfilet.

Die gelukkige wenners is Maria Abesalie van Thornhill, Judy Pico van Jacksonville, Johan Steyn van Swartkops, Hendrik Human van Bethelsdorp (Ext. 28), Anton Roman van Buffelsfontein, Shirley Weitz van Gelvandale en Eunice Williams van Schauderville.

Hier is foto’s van ’n paar van die wenners met hulle pak vleis.

THUMBS UP: Johan­ Steyn smile breed. Foto’s: SANDY ROOY
WENNER: Shirley Weitz by Francois Scholtz van Son.
HANDE VOL: Scholtz gee Anton Roman sy hamper.
A-TEAM: Chante McMaster en Jay-Dee Human was by Hendrik Human toe hy sy hamper by Son se kantore kom kry.
LEKKER! Maria Abesalie is in haar noppies met haar prys.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters