24 dae gelede
‘Ek’t studente verkrag’
Kwanele jack Kilana  ~ theo jephta

DIE man wat twee studente in Oktober 2017 by die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) in die Baai verkrag het, het gister op die 12 klagte teen hom gepleit.

Kwanele Jack Kilana (28) van Zwide het in die Baaise hooggeregshof skuldig gepleit op huisbraak met die opset om te steel en diefstal, asook roof met verswarende omstandighede.

Hy erken ook skuld op poging tot roof met verswarende omstandighede, gedwonge seksuele aanranding, twee rape-klagte en seksuele aanranding.

Pleitverduideliking

Kilana het onskuldig gepleit op klagte van huisbraak met die opset om te roof, ’n klag van gedwonge seksuele aanranding en twee rape-klagte.

Adv. Ismet Cerfontein, staatsaanklaer, het aan die hof gesê die staat aanvaar Kilana se pleitverduideliking, behalwe sy pleit van skuldig op diefstal.

Khaya Saziwa, Kilana se lawyer, het sy pleitverduideliking aan die hof voorgelees.

Kilana sê daarin die voorval het op die aand van 2 Oktober 2017 op die Somerstrand-kampus van die NMU gebeur. Hy wou waardevolle items steel.

Hy het die deur van die designing room op die kampus oopgedwing. Toe hy in die vertrek is, het hy ’n wit LG-mikrogolfoond en swart elektriese ketel gesteel.

Hy het na ’n oop deur gegaan wat hom gelei het na die rekenaar-lab. Hy wou rekenaars steel.

Kilana sê hy het twee vroue gewaar wat op die rekenaars gewerk het. Volgens hom het hy by die deur vasgesteek en het die twee vroue hom nie gesien nie.

Hy sê hy het tóé besluit om die vroue te beroof.

Volgens hom het hy nie ’n wapen gehad nie. Hy is toe na ’n ander vertrek waar hy ’n skêr gaan haal het.

Hy het teruggekeer na die rekenaar-lab. Volgens hom het hy ’n paar geel rubberhandskoene aangehad met ’n skêr in die hand wat hy wou gebruik om die klaers te beroof.

Hy erken hy het een van die klaers beroof van haar selfoon en R80 kontant.

Geglo

Hy het ook ’n rekenaar­toring, rekenaarskerm, muis en sleutelbord – eiendom wat wettig in haar besit was – geneem.

Kilana sê hy het toe die tweede vrou approach met die skêr nog in sy hand en daarop aangedring dat sy hom haar selfoon gee.

Hy sê hy het haar nie geglo toe sy sê sy het nie ’n selfoon nie.

Hy het haar toe aan die bokant van haar rug gesteek om haar te dwing om haar selfoon te oorhandig.

Sy het volgehou sy het nie ’n selfoon nie.

Volgens Jack het hy toe albei vroue opdrag gegee om hulle klere uit te trek sodat hy kon sien hulle steek nie ander waardevolle items vir hom weg nie.

Hy het waardevolle items van een van die klaers probeer steel. Kilana sê terwyl albei vroue kaal was, het hy hulle opdrag gegee om mekaar te soen – wat hulle toe gedoen het.

Aangestap

Volgens hom het hy toe een van die klaers gedwing om seks met hom te hê.

Hy sê terwyl hy een van die vroue verkrag het, het hy die ander klaer gedwing om hom te soen.

Oor ’n ander voorval, sê Kilana hy het op 5 Julie 2017 naby Greenacres Vil­lage in die Baai langs die pad gesit toe hy ’n vrou in sy rigting aangestap sien kom het.

Hy het haar agtervolg toe sy verby hom stap.

Volgens hom het hy die klaer met ’n mes van agter genader en vir haar gesê hy wil haar verkrag.

Hy het haar gedwing om haar klere uit te trek en haar met ’n oop hand in die gesig geslaan. Volgens hom het hy haar gedwing om te beweeg na ’n plek wat buite die oog was.

Hy het haar op die grond laat lê en haar verkrag. Hy het toe die klaer se selfoon en geld gevat.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters