18 dae gelede
Eks vas nadat berk lyk kry
'n 30-jarige vrou van Butterworth se lyk is die afgelope naweek met veelvuldige steekwonde gevind.  ~ Foto ter illustrasie

N MAN het dié naweek op sy girlfriend se lyk afgekom.

Sy was verwurg en het ook veelvuldige steekwonde aan haar lyf gehad.

Die 30-jarige vrou se lyk is Saterdag in die informele nedersetting Mdeni in Butterworth gekry.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die vrou se boyfriend het agterdogtig geraak toe sy nie haar selfoon antwoord nie.

Hy het toe besluit om ondersoek te gaan instel.

Terwyl hy nader aan die vrou se huis beweeg het, het hy haar steeds op die foon in die hande probeer kry. Hy kon hoor hoe haar selfoon lui.

Kinana sê toe die man die deur oopmaak, het hy die vrou aangetref. Haar hande was vasgebind.

Hy het die gemeenskap onmiddellik daarvan ingelig en die polisie ontbied.

’n Speurder van dieselfde omgewing het toe van die moord verneem.

Die speurder was nie aan diens nie, maar hy kon daarin slaag om ’n manlike verdagte op te spoor en te ondervra.

Oortuig

Die verdagte is ’n ex-lover van die slagoffer.

Kinana sê die reaksies wat die cop gekry het, het hom oortuig om die verdagte aan die speurders te oorhandig wat die saak amptelik ondersoek.

Die verdagte sou gister in die Butterworth-landdroshof verskyn het op ’n moordklag.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale kommissaris, het namens die senior polisiebestuur medelye met die familie betuig. Sy het ook die Butterworth-speurders geloof vir die vinnige inhegtenisneming van die verdagte.

Ntshinga het die gemeenskap ook geloof vir hul reaksie tydens die soektog.

Geweld

Volgens Ntshinga moet almal saamwerk en elkeen moet sy of haar deel doen om alle vorme van geslagsgebaseerde geweld uit te roei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters