3 maande gelede
Eks-sarge ge-charge oor bendes
Paul RoelofseFoto: deon ferreira  ~ 

’N VOORMALIGE polisie­beampte wat vroeër die maand ge-fire is omdat hy na bewering met gangsters saamgewerk en hulle beskerm het, gaan binnekort verhoor word.

Paul Roelofse (37) het Vrydag in die Baaise landdroshof verskyn.

Sy saak is uitgestel tot 20 Junie, wanneer sy verhoor na verwagting in die streekhof sal begin.

Verskaf

Roelofse staan tereg op klagte wat verband hou met die bestuur van ’n motorvoertuig sonder die eienaar se toestemming.

Sy arrestasie het gevolg nadat ’n string rooftogte uitgevoer is met ’n ongemerkte polisievoertuig wat hy glo aan die verdagtes verskaf het.

Roelofse, voorheen ’n sersant in die speurafdeling by die polisiekantoor in Kabegapark, is verlede maand ná ’n interne tugverhoor in die pad gesteek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters