7 maande gelede
‘Ek was victim van my vrou’
DÉNE STEBUYS Foto: DEON FERREIRA  ~ 

SY VROU het hom nie net met ’n vol bottel Brutal Fruit oor die been geslaan nie, maar hom ook met ’n graaf in die gesin se garage aangerand.

Boonop het sy hom met ’n eetvurk in die linkerbeen gesteek en hom aan sy lat rondgepluk.

So het Déne Stebuys (42) gister in sy moordverhoor in die Baaise hooggeregshof getuig.

Stebuys, van Humansdorp, staan tereg op ’n klag van moord, twee klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding en ’n klag wat verband hou met die verontagsaming van ’n beskermingsbevel.

Onstabiel

Die staat beweer hy het sy vrou, Marilyn (36), op 5 Junie 2016 vermoor.

Stebuys het gister getuig die laaste 3 jaar van sy huwelik van 16 jaar was onstabiel.

Hy beweer Marilyn was baie aggressief in die huwelik. Volgens Stebuys het Marilyn buite-egtelike verhoudings gehad.

Hy het getuig hy het snuf in die neus gekry toe sy hom nie meer soos altyd werk toe gebel of geSMS het om haar liefde aan hom te verklaar nie.

Volgens hom het hy al haar selfoon geantwoord toe sy nie in die omgewing was nie, dan het hy ’n manstem gehoor.

Hy het gesê wanneer hy haar daaroor uitgevra het, het sy gesê dis ’n vriend of een van haar neefs.

Volgens Stebuys het Marilyn in ’n stadium aan hom erken sy het ’n affair en gesê sy is jammer en sal dit nie weer doen nie.

Stebuys het getuig Marilyn het al sy vuurwapen gevat en dit op haarself gerig kort nadat hy dit skoongemaak het.

Hy beweer ’n magasyn was in die gun.

Volgens Stebuys het Marilyn hom ook gedreig sy gaan hom in sy slaap doodsteek.

Marilyn het in middel Mei 2016 ’n protection order teen haar man gekry.

Op sy beurt het hy op 25 Mei 2016 ’n protection order teen Marilyn uitgeneem.

Volgens Stebuys het hy getry om sy huwelik te save deur by ene apostel Van Rensburg en ander geestelike leiers te gaan aanklop vir raad.

Hulle het selfs ’n sielkundige gaan sien, maar niks het gehelp nie.

Stebuys het getuig in ’n stadium is hy na die Legal Aid Board om ’n egskeidingsproses aan die gang te sit.

Volgens hom het hy die skeipapiere huis toe geneem vir Marilyn om te sign.

Hy het gesê toe hy die next dag van die werk af teruggekeer het huis toe, was die skei-papiere opgeskeur.

Volgens hom het Marilyn toe vir hom gesê hulle huwelik sal fine wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters