2 maande gelede
‘Ek ry killers na moordhuis’
mkhuseli ngqanda Foto: deon ferreira  ~ 

NADAT hy Denise Marlene Webber se vermeende killers by haar huis in Kabega Park opgelaai het, is juwele en R2 500 in sy hand gestop.

So sê Mkhuseli Ngqanda (29) in sy confession, wat die Baaise hooggeregshof gister aanvaar het.

Ngqanda het saam met Fikile Mengo (20), Thanduxolo Vumazonke (23) en Sinethemba Nenemba (28) onskuldig gepleit op klagte van moord op die 78-jarige Webber in 2015 en roof met verswarende omstandighede.

Ngqanda sê in die confession hy was in besit van ’n gehuurde motor wat hy by Thristy Car Hire gehuur het.

Oplaai

Hy sê dit was ’n Donderdag toe ene Fekile hom omstreeks 07:00 op sy selfoon gebel het.

Fekile het Ngqanda meegedeel hy is saam met Nenemba en hy (Ngqanda) moet hulle in Boqostraat in KwaZakhele kom oplaai.

Luidens die confession het Nenemba aan Ngqanda gesê om na Ndabastraat in KwaZakhele te gaan. Daar het hy ’n persoon wat hy ken as Tikash opgelaai.

Nadat hy Tikash opgelaai het, het Fekile hom (Ngqanda) gewys waarheen om te ry. Volgens hom het Fekile hom direct na ’n “town”.

Hy sê hy dink dit is Kabega. Ngqanda voeg by hy dink dit is die wit suburb.

Ngqanda sê hy het hom laat ry tot by ’n huis waar hy hulle almal in die straat afgelaai het.

Volgens Ngqanda het hy nie geweet wie se huis dit is nie. Hy sê sy passasiers het hom meegedeel hulle sal hom bel wanneer hy hulle moet kom haal.

Volgens Ngqanda is hy toe terug na die informele nedersetting. Sowat 40 minute later het Fekile hom gebel om hulle te kom oplaai.

Ngqanda sê hy het toe gery na die plek waar hy hulle vroeër gelos het.

Volgens hom het Fekile die hek van die huis met ’n remote control oopgemaak. Ngqanda het toe by die yard ingery.

Hy sê toe hy stilhou, het Tikash met ’n televisiestel uitgestap.

Volgens hom het Tikash hom gevra om die kar se boot oop te maak, wat hy toe gedoen het vanuit die binnekant van die kar.

Ngqanda voeg by hy het baie suspicious geraak. Hy het toe uit die kar geklim en in die huis gegaan via ’n skuifdeur.

Volgens hom het Nenemba hom na buite gejaag.

Ngqanda sê Nenemba het besef hy raak agterdogtig.

Ngqanda het gedink hy het hulle gesteur met dit waarmee hulle besig was.

Volgens Ngqanda het Nenemba hom ’n laptop gegee wat in ’n sak was en aan hom gesê hy moet in die kar wag.

Ngqanda sê hy het dit toe gedoen omdat hy gepanic het.

Volgens hom het hulle almal ná vyf minute uitgekom.

Hy verduidelik Fekile het die hek met die remote control oopgemaak waarna hulle weggery het.

Ngqanda sê terwyl hulle gery het, het Nenemba iemand gebel. Hy kon hoor dié persoon moes hulle in Durban Road ontmoet.

Volgens Ngqanda het Nenemba hom gewys waar om te ry. Hy sê hulle het toe gery na Durban Road in Korsten.

Volgens Ngqanda het hy in die straat stilgehou. Die ander het toe uit die kar geklim.

Ngqanda sê hulle het toe die televisiestel en laptop aan die man gegee. Hy voeg by al het hy in die kar gesit, het hy die persoon gesien.

Hy dink die man is ’n foreigner.

Hy verduidelik hy het gesien die man gee vir die ouens kontant.

Ngqanda sê terwyl hulle verder gery het, het Tikash die kluis oopgemaak.

Hy het juweliersware in die kluis gesien.

Volgens Ngqanda het die ouens hom van die juweliersware gegee.

Hy sê hy kon sien Nenemba het ’n koevert op hom gehad.

Volgens Ngqanda het Nenemba hom R2 500 gegee nadat hy dit uit die koevert gehaal het.

Hierna het hy hulle almal afgelaai, waarna hy huis toe gery het.

Volgens Ngqanda is hy op 29 Augustus 2015 omstreeks 03:00 in hegtenis geneem.

Hy verduidelik in sy confession die eerste keer dat hy gehoor het iemand is in daardie huis vermoor, was toe die polisie hom daarvan vertel het.

Ngqanda sê toe hy saam met sy vriende by dié betrokke huis was, het hy gedink hulle breek in.

Hy voeg by hy het nie geweet hulle het iemand vermoor nie. Volgens hom het hy niks te doen met die moord in daardie huis nie.

Adv. Jason Thysse kla aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters