5 maande gelede
Eienaar vat rower vas
Foto: IOL  ~ 

DIE eienaar van ’n huis in Kabegaweg, Port Elizabeth, het ’n vermeende inbreker self gearresteer.

Volgens kol. Priscilla Naidu, die Mountweg-polisiegroepering se woordvoerder, het die 31-jarige klaer Vrydag 02:15 wakker geword toe hy geluide in sy huis gehoor het.

Hy het ondersoek ingestel en in een van die slaapkamers het die indringer (26) op hom afgestorm. Die klaer het hom gegryp en gekeer dat hy vlug.

Hy het sy sekuriteitsmaatskappy en die polisie ontbied en die verdagte is aan die cops oorhandig.

Die verdagte is in aanhouding op ’n klag van poging tot huisroof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters