15 dae gelede
Drieling hou sesde b’day
MA SE TROTS: Teron Lavens saam met die drieling toe hulle sewe of ag dae oud was.  ~ Son

SCHAUDERVILLE se eie drieling is vandag ’n volle ses jaar oud!

Maar omdat dit lockdown in die Baai is, moet hulle hul birthday hierdie jaar sonder hulle maatjies celebrate.

Hul ma, Teron Lavens (30), sê toe sy haar kroos van drie – Tamlin, Ashlin en Tashlin – dié slegte nuus gee, toe sê hulle die saak is reg, solank daar net koek gaan wees.

Teron sê sy kan nie glo dis al ses jaar sedert sy in die Dora Nginza Hospitaal die lewe aan haar bondeltjies joy geskenk het nie.

Volgens haar onthou sy nog goed hoe groot sy geskrik het toe sy die eerste keer gehoor het sy verwag ’n drieling.

Sy sê by geboorte was al drie haar kinders fris en gesond.

Die trotse ma sê toe sy aan haar bloedjies verduidelik van die lockdown en dat daar nie maatjies oorgenooi kan word nie, het hulle gesê hulle verstaan so bietjie.

Maar die feit dat daar ’n verjaardagkoek gaan wees, het sommer gou daarvoor vergoed.

Die drieling is tans gr. R-leerders by die Adolph Schauder Primêre Skool in Schauderville.

Lekkernye

Volgens Teron het sy gister al die lekkernye – waaronder koek en koeldrank – vir vandag se paartie gaan koop.

MA SE KINDERS: Teron Lavens saam met haar kinders. Hulle is (van links) Tamlin, Ashlin en Tashlin.

Sy sê benewens ’n teddie wat sy vir elkeen van hulle gekoop het, het sy ook vir die drieling elkeen ’n ghrênd outfit gekoop.

Teron sê al sal die drieling se maatjies nie hul birthday kan bywoon nie, gaan hulle dit celebrate met haar, haar niggie Keisha September en haar antie Alida Lavens.

Volgens die ma beoog sy om die drieling reeds vroeg vanoggend wakker te sing met “happy birthday”.

Die drieling het maar min woorde gehad toe Son hulle uitvra oor die feit dat hulle hul birthday sonder hulle maatjies moet celebrate.

Taak

Al wat hulle gesê het, is dat hulle ’n paartie wil hê en dat hulle nie lekker voel oor die feit dat hulle nie maatjies kan oornooi vir hulle birthday nie.

VERJAAR VANDAG: Tamlin, Ashlin en Tashlin Lavens word vandag ses jaar oud.

Volgens Teron is dit maar ’n taak om om ’n drieling groot te maak.

Sy sê die hulp wat sy kry van haar antie Alida en ouma Gene Sauls maak dinge soveel makliker.

Teron sê: “Ek is ’n trotse mammie en ek is baie lief vir hulle.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters