10 dae gelede
Drie vroue van heksery beskuldig, doodgeskiet
Drie vroue in die Oos-Kaap is van heksery beskuldig en toe doodgeskiet.  ~ Foto ter illustrasie

DRIE vrou in die Embihli Village in Sterkspruit is Woensdag doodgeskiet en ‘n vierde gewond nadat hulle van heksery beskuldig is.

Nomvuyo Mposelwa, burgemeester van die Senqu-munisipaliteit, het die voorval bevestig.

“Ek het die nuus van hulle sterftes gekry. Die vroue het kort voor Vrouemaand gesterf.

“Mans hou nie op met geslagsgeweld nie. Vrouemaand begin in Augustus en vroue word steeds verkrag en vermoor. Dis tyd vir alle vroue in die land om te sê Women's Live Matter."

Mposelwa sê hulle gaan nie ophou veg vir weerlose mense, veral vroue nie.

Die moorde kom nadat nog ‘n vrou vroeër in Sterkspruit vermoor is. Sy is ook beskuldig van heksery.

“Waarom is dit altyd vroue wat daarvan beskuldig word en nooit die mans nie?,” wou Mposelwa weet. - DispatchLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters