13 dae gelede
Drie vas wat by Baaise skole inbreek
Drie verdagtes is weens inbrake by Baaise skole gearresteer.  ~ Foto ter illustrasie

DRIE verdagtes is in hegtenis geneem in verband met twee afsonderlike inbrake by skole in Nelson Mandelabaai.

In die eerste voorval het sekuriteitswagte by 'n skool in Newton Park 'n gebreekte venster opgemerk en ondersoek ingestel. Hulle het toe op die verdagte met 'n skoolbaadjie aan in die badkamers afgekom.

In die tweede voorval het 'n inwoner Dinsdagoggend 'n inbraak by 'n hoërskool in KwaZakhele aangemeld.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie het twee verdagtes van onderskeidelik 19 en 30 jaar oud, wat in die plafon weggekruip het, gevang.

Naidu sê hulle is met rekenaartoerusting betrap.

Intussen is drie verdagtes van tussen 35 en 38 jaar oud Maandag gearresteer na ’n gewapende roof by ’n besigheid in Uitenhage.

Hulle het na bewering die winkeleienaar met ’n vuurwapen gedreig en met kontant en sigarette gevlug. Die gesteelde sigarette ter waarde van R2 000 is later teruggevind.

Naidu sê die polisie soek nog na 'n vierde verdagte wat arrestasie ontduik het. - AlgoaFm


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters