6 maande gelede
Drie vas ná mob justice ’n lewe eis
KAPT. MALI GOVENDER  ~ 

DRIE mans het gister in ’n Oos-Kaapse hof verskyn nadat hulle glo ’n 32-jarige man in ’n voorval van mob justice doodgemaak het.

Dié gruweldaad het in die Ngqeleni-gebied gebeur waar die slagoffer van diefstal verdink is.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê lede van die gemeenskap het die man in die hande gekry vir ’n ondervraging.

“Nadat die man vir hulle gesê het waar hy die gesteelde goedere weggesteek het, is hy aangerand.”

Die man het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Die polisie veroordeel dié soort boendoehof waarin die gemeenskap die reg in eie hand neem. Die polisie belowe nóg arrestasies sal volg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters