3 maande gelede
Drie mense sterf toe drie voertuie bots
ongeluk
Drie mense het in 'n ongeluk omgekom.  ~ Foto ter Illustrasie

DRIE mense is eergister in die Oos-Kaap dood in ’n gru-ongeluk waarby drie voertuie betrokke was.

Volgens die provinsiale departement van vervoer het die ongeluk op die R409-pad by die Mabhakwini- informele nedersetting in die rigting van Butterworth plaasgevind.

Unathi Binqose, die departement se woordvoerder, sê ’n Ford Laser-sedan met drie insittendes het reg van voor teen ’n Toyota Fortuner gebots.

Hospitaal

Hy sê al drie insittendes van die sedan is op die toneel dood verklaar.

Die ander beseerde insittendes van die SUV is hospitaal toe geneem.

Volgens Binqose het die twee karre vermoedelik in ’n derde voertuig – ’n Toyota Avanza wat besig was om passasiers langs die pad op te laai – vasgery.

Binqose sê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters