14 dae gelede
Drie kry life
bye, ma: Jean-Claude Uithaler se ma, Charmaine, gee hom ’n soen nadat hy sy vonnis gehoor het.  ~ 

DRIE veroordeelde moordenaars wat ’n bewaarder van die St. Albans-gevangenis doodgemartel het, is Vrydag elk lewenslange tronkstraf opgelê.

Regter Irma Schoeman het Jean-Claude Uithaler, Khawulelani Gqunta en Sinethemba Mfihlo – almal in hulle middel 20’s – elk ’n verdere 15 jaar tronkstraf opgelê op ’n klag van roof met verswarende omstandighede.

Quinton David Williams (46) se marteldood het gekom toe hy op 14 Junie 2014 waarskynlik op pad huis toe was van ’n tavern in Greenfields, Booysenpark.

Schoeman sê dis nie duidelik of Adams se moordenaars hom van die tavern agtervolg of hom langs die pad raakgeloop het nie.

Volgens Schoeman was Gqunta die een wat die slagoffer gesteek het. Hy, Uithaler en Mfihlo het toe stene gaan haal en Williams daarmee gegooi.

Volgens die regter kon Adams nie daarin slaag om uit sy aanvallers se kloue te ontsnap nie. Sy sê hulle het hom agtervolg en hom aangerand.

Schoeman sê Uithaler en Mfihlo het Adams aanhoudend met die stene gemartel.

Die regter sê Adams het in die gru-voorval ook 35 steekwonde opgedoen, waarvan 30 in sy bors was.

Volgens haar is twee verskillende messe in die attack gebruik. Sy sê die aanval op Adams het ontaard in ’n aanhoudende en onmenslike slagting van ’n weerlose man.

Schoeman sê die finale vernedering was toe Adams se killers sy broek afgetrek en probeer het om sy penis af te sny. Volgens Schoeman wys dit presies hoe min respek die drie vir ’n mens het.

Sy sê daar is geen aanduiding dat die alkohol wat die aanvallers gedrink het ’n uitwerking op hulle strafbaarheid gehad het nie.

Ook het geen van die aanvallers getuig dat hulle beïnvloed is of onwillige deelnemers was nie.

Sy sê as hulle beïnvloed is om die misdrywe te pleeg, kon hulle so gesê het.

Schoeman het ook uitgewys dat geen van die mans na vore gekom om die waarheid te vertel nie – selfs teen die tyd van hulle vonnisoplegging.

Skraal

Schoeman sê die drie mans het in die tronk genoeg tyd gehad om te dink aan hulle optrede en om verantwoordelikheid daarvoor te neem.

Volgens haar het hulle egter gekies om dit nie te doen nie. Sy sê hulle kanse op rehabilitasie is nie uitgesluit nie, maar dis baie skraal.

Schoeman sê al drie die mans was aktiewe, gewillige deelnemers in die aanval.

Volgens haar word die publiek onderwerp aan oordadige geweld.

Sy sê die gemeenskap moet beskerm word teen jong boosdoeners wat in die strate ronddwaal en dink hulle gaan nie aangekeer word nie.

Volgens Schoeman is die area waar die voorval plaasgevind het, vrot van crime.

Schoeman het ook verwys na die hoofstaatsgetuie wat eers ná maande na vore gekom het toe sy sien een van die aanvallers is nog nie in hegtenis geneem nie.

Volgens Schoeman het dié getuie ’n groot opoffering vir haar en haar gesin gedoen, want sy moes toe relocate.

Sy sê die getuie moes haar familiar surroundings verlaat en in ’n bulletproof vest kom getuig.

Volgens Schoeman verwag die publiek dat gepaste en swaar strawwe ingestel word.

Schoeman sê Adams se gesin het ná sy dood emo­sioneel gely.

Sy het verwys na sy twee jong dogters wat die jaar van die aanval gedruip het. Dit nadat hulle vroeër goed op skool gedoen het.

Isoleer

Die regter het ook verwys na sy ander dogter wat die skool verlaat en anger issues ontwikkel het.

Volgens Schoeman isoleer twee van die kinders hulle en die ander een wil glad nie oor die voorval praat nie.

Schoeman sê omdat die slagoffer die enigste broodwinner was, het sy gesin swaargekry totdat sy pen­sioen eventually uitbetaal is. Adv. Garth Baartman het aangekla.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters