8 maande gelede
Drie kleintjies net skoonveld
Othandwayo ZenzileFOTO’S verskaf  ~ 

’N REUSE-SOEKTOG is in Motherwell aan die gang nadat drie driejariges verdwyn het.

Othandwayo Zenzile, Linandle Zenzile en Nande Nombewu het Dinsdag 12:15 op ’n oop stuk veld in Motherwell NU29 gaan speel.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die kinders se ouers het 15:00 besef die kleingoed is weg en het toe na hulle gaan soek.

“Toe hulle soektog teen 22:00 niks oplewer nie, is die polisie ontbied. ’n Span speurders, lede van sigbare poli­siëring, die eenheid belas met kindermishandeling, gesinsgeweld en seksuele oortredings, die honde-eenheid en helikopters het saam met gemeenskapslede na die kids in nabygeleë bosse gesoek.”

Sweetpak

Die soektog is 03:15 gisteroggend afgestel weens slegte lig, maar dit is later gister­oggend hervat.

Othandwayo het ’n grys kortbroek en swart strepieshemp aangehad. Linandle het ’n rooi kortbroek met ’n wit-en-blou hemp aangehad. En Nande het ’n rooi sweetpak met ’n blou hemp aangehad.

Die eenheid belas met kindermishandeling, gesinsgeweld en seksuele oortredings in Motherwell ondersoek die kinders se verdwyning.

Die polisie doen ’n dringende beroep op gemeenskappe om dié drie kinders te help opspoor.

Bel kapt. Shaun Harmse by 082 442 1232.

Gemeenskapslede kan ook inligting na hul naaste polisiestasie deurgee.

Nande Nombewu
Linandle Zenzile
Othandwayo ZenzileFOTO’S verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters