Verlede maand
Drankdief sterf toe bakkie rol
Sers. Majola Nkohli  ~ Foto Verskaf

’N VERMEENDE whiskey-dief van Uitenhage is dood en die cops het beslag gelê op gesteelde drank ter waarde van sowat R35 000.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê dit kom nadat die polisie gereageer het op reports oor vyf gewapende mans wat Dinsdag 08:30 ’n tavern in KwaNobuhle, Uitenhage, beroof het.

Een van die verdagtes het die tavern-assistent met ’n gun aangehou, terwyl die ander die tavern geransack het.

Hulle het toe weggekom met ’n onbekende bedrag kontant, ’n televisie en drank – meestal kiste whiskey.

Gerol

Nkohli sê die verdagtes het op die vlug geslaan in ’n Nissan-bakkie, wat enkele oomblikke later deur die polisie se honde-eenheid van Uitenhage op die Ou Uitenhagepad gespot is.

’n Dolle jaagtog het gevolg tot in die Govan Mbeki-area van Port Elizabeth. Daar het die bestuurder van die bakkie beheer oor die voertuig verloor en die bakkie het in Goniwestraat gerol.

Een van die verdagtes is op die toneel dood, terwyl die ander tussen die huise weggevlug het.

Die polisie het beslag gelê op die gesteelde drank, hoewel van die bottels beskadig is. Die Nissan-bakkie is ook gekonfiskeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters