2 maande gelede
Dossiere ‘was flou’
Robin Taylor  ~ 

TOE hy die drie moord-dossiere in 2016 ontvang het, was die dockets in ’n dead end. Dit het nie genoeg inligting bevat nie.

Die sake was in daardie stadium gereed om as inquest dockets gehanteer te word.

So het lt.kol. Stefanus de Bruyn gister in die Baaise hooggeregshof getuig. Dis in die moordsaak van Jermaine Mitchell (30), Glynne Carelson (30), Wendell Petersen (30), Robin Taylor (21) en Graham Kammies (35).

Hulle pleit onskuldig op drie moordklagte, drie klagte van sameswering om moord te pleeg en klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Hulle face ook vier klagte van die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Ge­organiseerde Misdaad.

De Bruyn is die ondersoekbeampte in die saak.

Hy het getuig op 29 Julie 2016 het ene brig. McClaren ’n vergadering met hom belê en hom versoek om die saak oor te neem.

Hy het gesê op 1 Augustus daardie jaar het hy die dossiere in die hande gekry.

Volgens De Bruyn was dit drie moorddossiere – twee van die Gelvandale- en een van die Mountweg-polisiestasie.

Wendell Petersen
Graham Kammies
Glynne CarelsonFoto’s: theo jeptha
Jermaine Mitchell
Robin Taylor

Hy het gesê hy is later aangesê om te meet met ene sers. Lindsay Strauss, wat Act 70 aan hom verduidelik het. Dié wet hou verband met die onderskepping van telefoonoproepe.

De Bruyn het getuig Strauss het nege selfoonnommers en name aan hom verskaf wat verbind word met daardie dockets.

Volgens De Bruyn het ’n 205-aansoek aan die lig gebring die nommer wat verbind word met Mitchell, is korrek ge-Rica.

Die nommer wat met Carelson verbind word, is in ’n ander persoon se naam ge-Rica.

Die nommer wat met die 204-getuie in die verhoor en die nommer wat met Petersen verbind word, is vals ge-Rica.

Hy het gesê die nommer wat met Kammies verbind word, is ge-Rica en is gekoppel aan ’n adres wat nie opgespoor kon word nie.

Die verhoor duur voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters