4 maande gelede
Dooie luiperd: Cops soek man
gesoek: Dié foto van twee mans wat met ’n dooie luiperd poseer, is wyd in die sosiale media versprei.  ~ 

’N LUIPERD is nie ’n dier wat jy sommer in ’n huis aanhou nie.

En daarom het die nuus van die luiperd wat in Tiryville, Uitenhage, aangehou word, vinniger as ’n veldbrand versprei. ’n Foto is ook in die sosiale media versprei waarop twee mense met die luiperd pose.

Maar toe owerhede daar kom, was dit te laat om die gevaarlike wilde dier te red.

Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, het gesê hulle het verlede week ’n call gekry oor iemand wat ’n lewende luiperd in sy huis aanhou.

Vel

“Die polisie het onmiddellik ’n vangwa na die huis uitgestuur.

“Toe hulle daar kom, het hulle egter gesien hoe die man die vars vel van ’n luiperd oor die grensmuur hang. Toe die man die polisie sien, het hy dadelik weggehardloop.”

Volgens Nkohli het die polisie beslag gelê op die vel. Hulle het ook ’n bobbejaan se kop op die perseel gekry.

“ ’n Saak wat verband hou met die oortreding van wette rakende die jag en vrek maak van beskermde wilde diere is geopen.”

Die personeel van Uitenhage se SPCA is woedend.

Insp. Mariaan Wentzel het getier: “Hoe kan mense so ignorant wees?

“Die hele gemeenskap moes dit tog gesien het, maar niemand het dit aangemeld nie, behalwe een mens wat opgestaan het vir die dier se regte, maar dit was reeds te laat.

“Daar is bitter min van dié diere in die wêreld oor.

“Ons kleinkinders sal hulle waarskynlik nooit eens kan sien nie as gevolg van mense wat net nie omgee nie.”

Volgens ’n sangoma­ is die aanvraag na luiperdvelle groot.

’n Vel kan vir tussen R20 000 en R25 000 op die swartmark verkoop word.

“Destyds is iemand wat ’n luiperd vang en vrek maak as ’n hero gesien.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters