Verlede maand
Dogter glad nie lekker nie
huil: Die mamma wys die doktersbrief wat sê sy is mentally unstable. Haar dogter het haar in ’n hospitaal se psychiatric ward ingeboek. Foto’s: deon ferreira  ~ 

AL HET sy die huis se ruite uit gegooi, het sy steeds haar ma gaan inboek by ’n psychiatric ward in ’n Baaise hospitaal, vir drie dae.

Dinge is maar deurmekaar in ’n huishouding in Helenvale in die Baaise noordelike gebiede.

Die huilende ma (49) vertel aan Son haar dogter (23) is al sedert 2013 nie lekker nie.

“Sy sou met ’n langmouhemp en hot pants in die strate loop.

“Sy sou die strate inloop en net almal skel. Daar het iets met haar gebeur en daarom het sy seker so geword,” vertel die ma, maar wou nie verder uitwei nie.

Die dogter het onlangs begin om die huis se ruite met klippe uit te gooi.

Die ma-hulle het maar card­board voor die vensters gesit.

Donderdag het die dogter weer begin en die ma het die polisie vyf keer gebel.

Hulle is begelei na die hospitaal, maar pleks dat hulle die dogter inboek, het die dogter haar ma laat inboek.

“Daai drie dae in die ward was glad nie lekker nie,” huil die ma.

“Hulle sê ek is mental, maar ek is nie.

“Ek kon glad nie my kinders of man sien nie.

“Maar hulle het my self daar uitgeboek.”

Maandag was die dogter se 23ste verjaardag en toe was sy kalm.

Toe Son gister self met die dogter gaan praat het, het sy erken dit was sy wat die ruite uit gegooi het.

“Ek voel nou baie spyt dat ek dit gedoen het. Daar is iets wat my pla. Dit kom al jare aan vandat ek jonk was,” het sy huiwerig gesê.

Sy verduidelik dat ’n familielid aan haar geraak het – nie onder nie, maar bo.

Die jong vrou voel haar persoonlike ruimte is binnegedring.

“Ek het met niemand daaroor gepraat nie, maar met die Here. My ma het geweet daarvan,” sê sy saggies.

Haar ma het toe begin huil uit moedeloosheid.

“Ek is lief vir my ma en sal eintlik enigiets vir haar doen,” sê die dogter toe.

Son het die hulp van Families SA (Famsa) ingeroep.

Erna Jonker, direkteur van die Baaise Famsa-kantore, sê hulle deure is oop, maar dit hang van die slagoffer af om die eerste stap te doen om hulp te kry.

Deelneem

“As sy na ons toe kom, sal ons eers ’n assessering van haar geestelike, mediese en emosionele toestand moet doen.

“Dan kan ons bepaal of sy verwys moet word of dalk moet deelneem aan ’n beradingsprogram,” het Jonker bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters