20 dae gelede
Dis son, see en lekka baljaar
party: Jason Searle (links), Rafiek Munick en Sergio Visagie gaan vanaand ’n paar doppies klink.  ~ 

VAKANSIEGANGERS het dié feestyd weer in groot getalle toegesak op een van die gewildste spots in die Baai – die Willows-vakansie-oord.

Vir sommige is dit ’n tradisie wat deur generasies strek om by Willows uit te span.

Met hul tente, yskoue drankies en lekker musiek maak kampeerders die beste van hul vakansietyd daar.

Opgewonde kinders en hul gesinne baljaar daagliks in die see en die vroue gaan all out met etenstyd.

Son het Vrydag ’n draai gaan maak by vakansiegangers daar om te hoor of hulle nog lekker kamp.

Gishma Johnson (50) van Springdale sê haar oupagrootjie-hulle het in die vroeë 1920’s elke jaar by Willows gekamp – met ossewa en al.

Ghouwa Lukie (48) van Mosel in Uitenhage sê sy en haar familie kom elke jaar vir tien dae kamp.

“Ons gaan almal af see toe, dan braai ons of maak potjiekos. In die aand sal ons sit en gesels om ’n groot vuur.”

Hajera Jappie (49) van Johannesburg en haar gesin het 20 jaar gelede in die Baai gewoon en hul gesin het altyd by die see gaan kamp. Dit is die eerste keer in twee dekades dat sy terugkom hierheen.

“Dit bring goeie memories­ terug en dis ’n kans vir die hele familie om bymekaar te kom,” sê sy.

Jason Searle (22) van Arcadia kamp vir die eerste keer saam met sy vriende by Willows.

“My familie het altyd op Oujaarsdag hier kom kamp en my vertel dis baie lekker. Ons het nog baie vriende wat kom en ons gaan heelaand saam paartie en braai.”

Sonia Symons (52) van Bethelsdorp sê dis hul eerste keer daar. “Dis baie gerieflik hier en ek maak gebruik van elke liewe dag.” 

memories: Shiloh (links), Sonia, en Millicent Symons geniet dit om tyd saam met hul familie deur te bring.
pret: Leandré Yarnay (links), Neo Trompetter, Juliano Abrahams, Chad Williams, Ackeel Manadef en Zaahid Muller ontspan in ’n opblaasboot. Foto’s: theo jeptha
speeltyd: Winstonia Manuel (links), Skyler Daniels en Vireesha Daniels baljaar in die seewater.
ontspan: Omar Jappie en Azeem Davids vang vis met die plan om later te braai.
party: Jason Searle (links), Rafiek Munick en Sergio Visagie gaan vanaand ’n paar doppies klink.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters