11 maande gelede
Dié keer trou hulle for real
ek is kwaai: Joanne Vansensie pronk met haar verloofring. Foto’s: theo jeptha  ~ 

NADAT sy uitgevind het haar huwelik met haar vorige man was heelpad ongeldig, het dit haar sommer afgesit van ’n white wedding.

Jo-anne Vansensie sê dié keer is dit sommer binnelandse sake vir haar en haar druk, Francois Erasmus.

Son het in 2017 berig oor die Uitenhager wat ’n skok gekry het by die departement van binnelandse sake.

Verbasing

Sy het haar trousertifikaat aangevra om van haar “eggenoot”, Lionel de Vos, te skei en met Erasmus te trou.

Maar tot haar verbasing moes sy toe uitvind haar huwelik met De Vos was nooit geregistreer nie.

Vansensie en De Vos was ’n jaar lank onder die indruk hulle is getroud.

Doom-skroom: Jo-anne Vansensie sê dié keer trou sy eerder by binnelandse sake.

Volgens Vansensie het sy besluit om dié keer af te sien van ’n fancy wedding en eerder by binnelandse sake te trou uit vrees dat so iets weer gebeur.

Sy sê as sy en Erasmus by die departement van binnelandse sake trou, weet sy ten minste alles is above board.

Volgens haar word die huwelik dan sommer daar in hulle teenwoordigheid ge­registreer.

Sy sê ná Son se vorige besoek aan haar het sy nog nie weer kontak gehad met die leraar wat nie haar en De Vos se huwelik geregistreer het nie.

“Ek wil net vergeet daarvan.”

Sy sê na afloop van hulle “binnelandse troue” sal daar ’n klein, intieme byeenkoms wees.

Volgens Vansensie is geen besliste reëlings nog in dié stadium getref nie, maar sy en haar Romeo beoog om iewers vanjaar af te haak.

Volgens haar het Erasmus haar ver­lede jaar met ’n verloofring verras.

Sy sê as dit nie vir haar ma se siekte en afsterwe was nie, sou hulle al lankal getroud gewees het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters