15 dae gelede
Dié gebeure het Sonland geruk
Jody Tiervlei  ~ Foto Verskaf

VANDAG is ’n hartseer-dag vir al die getroue lesers van die Oos-Kaapse uitgawe van Son, want vandag se uitgawe is die laaste een.

Dié Sondag word die laaste uitgawe van Son op Sondag ook uitgegee.

Oor die jare heen het Son berig oor die wel en wee van Sonlanders en ’n horde opspraakwekkende gebeure het die nuusblaaie gehaal.

Hier volg ’n paar van die grootste stories waaroor die Oos-Kaapse uitgawe van Son berig het.

  • In Januarie 2011 is die Baai geruk deur die moord op Sera-Jane Oliphant (22) en Owen Demingo (31).

Die beskuldigdes het tereggestaan op klagte van roof, menseroof, die onwettige besit van ’n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en twee klagte van moord.

Die hofsaak spruit uit ’n voorval toe Oliphant en Demingo­ se rooi Polo gehijack is. Hulle was glo in die Bloemendal-omgewing toe die mans hulle oorval het.

Hulle is ontvoer na die Board­walk, waar Demingo na bewering gedwing is om geld te trek.

Die volgende oggend het fietsryers Demingo se lyk gevind tussen bosse aan die agterkant van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (deesdae die Nelson Mandela-Universiteit).

Oliphant se lyk is ’n entjie verder in die bosse naby Willows gevind.

  • Dan was daar die veelbesproke moordverhoor van die Baaise sakeman Christopher Panayiotou.

Hy was die meesterbrein agter die skietdood van sy vrou, die onderwyseres Jayde Panayiotou, van Kabega Park.

Ten tyde van haar dood in April 2015 het sy by ’n skool in Uitenhage gewerk.

Die laaste keer dat Jayde lewend gesien is, was op 21 April 2015.

Sy het voor haar meenthuiskompleks in Deaconweg gewag vir haar lift skool toe.

Haar lyk is die next dag in bosse in KwaNobuhle aangetref.

Christopher en Sinethemba Nenembe is lewenslange tronkstraf opgelê vir haar moord.

Zolani Sibeko is 15 jaar tronkstraf opgelê vir sameswering om moord te pleeg.

  • In Februarie 2016 het Son berig oor die 18-jarige Jody Tiervlei van Kliprand. Inwoners het die man doodgemartel wat haar na bewering keelaf gesny het.

Gareth “Crown” Agnew was van die informele nedersetting Riemvasmaak in die Baaise noordelike areas.

Tiervlei se hartseer ouma Francis Tiervlei het met trane in haar oë gesê Jody het die Sondagoggend – die dag van die voorval – in haar ouerhuis gelê en slaap toe Agnew en twee ander mans haar kom haal het om saam met hulle te loop.

Francis sê teen die middag se kant het ene Vonkie uitasem by Jody se ma, Jeanette, se huis aangehardloop gekom met die tyding dat “een van Antie se kinders dood lê in Tembisa”.

Soos die nuus versprei het, het lede van die Kliprand-gemeenskap, insluitend Jody se familie, afgesit na Nyoka naby Govan Mbeki, waar die jong vrou se lyk in bosse gelê het.

Francis sê die gemeenskap het deur dorings gehardloop om by Jody se lyk uit te kom.

Volgens Francis het Jody se pa, Christie, haar lyk met ’n diep sny aan haar keel gekry.

Jody het op haar rug gelê en haar oë was oop.

Haar pa het haar oë saggies toegemaak.

  • Aan die sportfront het Son in 2016 berig oor ’n beweerde laaste-minuut-aanbod van R2,5 miljoen wat nie genoeg was om die maat­skappy-arm van die Oostelike Provinsie-rugbyunie van voorlopige likwidasie te red nie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging en 18 OP-spelers het die likwidasie-aansoek teen OP Rugby (Edms.) Bpk. gebring.

Regter Jannie Eksteen het in Maart 2016 die voorlopige likwidasiebevel in die Baaise hooggeregshof gemaak.

  • In dieselfde jaar het Son berig oor die dood van die welbekende voormalige bendeleier Donovan “Staal” Berry.

Hy is in Mei 2016 in Barberryweg, Uitbreiding 31, in die Baaise North­erns, doodgeskiet nadat hy in ’n lokval gelei is.

Sy killers dien nog hul vonnisse uit vir sy skietdood.

  • Later daardie jaar is ’n man van Humansdorp daarvan beskuldig dat hy sy vrou doodgemartel het.

Regter Irma Schoeman het Dené Samuel Stebuys (40) van Vaaldam eindelik vir 16 jaar tronk toe gestuur vir die moord op sy vrou, Marilyn.

Stebuys was ’n werknemer by die Kouga-munisipaliteit.

Hy het ook tereg­gestaan op twee klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding en die verontagsaming van ’n beskermingsbevel.

Stebuys se vonnis kom nadat hy Marilyn op 5 Junie 2016 met ’n baksteen of soortgelyke stomp voorwerp doodgeslaan het.

  • Dan was daar die moord op die 11-jarige Aaliyah “Angel” Tee op 7 Junie 2016. Sy is in haar ouerhuis in Barberryweg, Uitbreiding 31, doodgeskiet.

Haar pa, Edmund, is in dieselfde voorval gewond.

Nealon Redhouse (18) en Deon Harmse (24), albei ook van Uitbreiding 31, Bethelsdorp, dien tans lewenslange tronkstraf uit.

Hulle het tereggestaan op klagte wat verband hou met die verontagsaming van die Suid-Afrikaanse Polisiedienswet, moord, twee aanklagte van poging tot moord, poging tot huisbraak met die opset om moord te pleeg, huisbraak met die opset om moord te pleeg en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

  • Soms het dinge ’n bietjie warm geraak in die Metro se council meetings.

Rano Kayser van die DA moes mediese behandeling ontvang nadat ’n moerse fight in Oktober 2016 losgebars het in die raadsaal van die Nelson Mandelabaai-Metro.

Nie net het die raadsaal in ’n bloedbad ontaard nie, ’n security guard moes ’n skoot in die SA Wolraadgebou afvuur om die orde te herstel.

Die fight het uitgebreek weens ’n agendapunt oor die moontlike skorsing van ’n ANC-raadslid.

Die ANC-raadslid Rosie Damons het flou geword toe die skoot afgevuur is. Sy is ook hospitaal toe geneem.

  • Die Nigeriese pastoor Timothy Omotoso maak landwyd nuus sedert hy in April 2017 gearresteer is.

Omotoso is die stigter van die Jesus Dominion Inter­national Church.

Hy, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho loop op ’n rits klagte hof.

Die klagte sluit in human trafficking, verkragting en rampokkery.

Nie net die klagte en omstandighede het mense aan die praat nie; sy kleurryke uitrustings het ook die oog gevang.

Die saak dien voor regter Irma Schoeman in die Baaise hooggeregshof.

  • In September 2017 het Son berig oor die ses Baaise laer­skoolkinders wat toe presies 10 jaar tevore in ’n minibus-ongeluk omgekom het.

Die ongeluk het plaasgevind op die Van der Kempskloofbrug terwyl hulle op pad was huis toe. Die kinders wat verongeluk het, was Candice Esau (10), Zoë Walton (10), Kirsty Topley (11), Nazira de Kock (12), Vuyo Masoka (10) en Darren September (13).

Al die slagoffers behalwe Zoë was leerders aan die Primêre Skool Triomf.

Zoë was ’n leerder aan die Primêre Skool Sanctor.

Zoë se pa, die voormalige onderwyser Fred Walton van Palmridge, het in September 2017 die eerste keer sy hart teenoor die media oopmaak.

Walton voer sedert Zoë se dood ’n kluisenaarsbestaan. Hy het selde kontak met enige een in die buitewêreld.

Teen die muur van die gang In sy huis is gespuitverf: “Zoë is still alive.”

Hy het geweier dat die fotograaf ’n foto daarvan neem.

Met trane in sy oë het Walton gesê hy kry nog nagmerries oor daardie noodlottige dag.

Hy het toe aan Son gesê: “Daardie dag toe Zoë gesterf het, het ek ook gesterf.

“Ek was ’n pa en ma vir daardie kind.

“Ek is verby die punt van dys­functional.

“Ek voel so swak.

“Ek huil elke dag, so baie dat ek in ’n stadium gedink het ek gaan blind raak. Ek is nou net ’n leë dop.”

) Op 18 November 2017 het ’n jong ma van die Baaise Northerns se grootste vrees en nagmerrie waar geword toe haar tweejarige kind voor sy ouerhuis doodgeskiet is.

Die slagoffer, Hakeem Baartman, was besig om in die bendegeteisterde Helenvale voor sy ouerhuis te speel toe hy in ’n skietery in die kop getref is. Sy ma het vroeër aan Son gesê hoe sy terugflitse kry van hoe Ashley Baartman (21), Hakeem se getraumatiseerde neef, met haar bebloede seuntjie in sy arms na haar toe aangehardloop gekom het.

Maxwell Muller (23) en Marshall Thomas (22) is elk 25 jaar tronkstraf opgelê vir Hakeem se skietdood.

  • Die St. Albans-gevangenis buite Port Elizabeth het die nuusblaaie gehaal nadat ’n video uitgelek het wat wys hoe inmates in die selle suip.

Son het in 2018 hieroor berig.

Die paartie was in die tronk se Medium A-blok.

In die video kan gesien word hoe ’n verhoorafwagtende lekker saam met sy tjommie drink. Terwyl die twee hulle eie klein jol in die mang hou, luister hulle na rapmusiek.

Son het toe berig die departement van korrektiewe dienste het ’n paar jaar tevore opspraak gewek toe hy selfoon-opsporingstegnologie bekend gestel het.

Die doel hiervan was om onwettige aktiwiteite in die selle hok te slaan. Tog het die foon wat die bogenoemde video geneem het, op 'n manier die tronk ingekom.


  • Nog een van die hartseerstories waaroor Son berig het, is die skietdood van die 26-jarige Mirlen Wil­son van Arcadia in die Baaise North­erns.

Luidens gerugte was Wil­son op pad kerk toe toe sy in Januarie afgemaai is.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê Wilson het die dag van die voorval omstreeks 08:00 haar ma se huis in Melkbosstraat in Arcadia verlaat.

Kort daarna het gemeenskapslede haar ma laat weet sy is in Jennekerstraat geskiet. Volgens Naidu het Wilson ’n skietwond aan die linkerkant van haar gesig opgedoen.

tien jaar gelede in ’n minibus-ongeluk gesterf het.

Die ongeluk het plaasgevind op die Van der Kempskloofbrug terwyl hulle op pad was huis toe.

Die kinders wie verongeluk het, was Candice Esau (10), Zoë Walton (10), Kirsty Topley (11), Nazira de Kock (12), Vuyo Masoka (10) en Darren September (13).

Die slagoffers, behalwe Zoë, was almal leerders van die Laerskool Triomf. Zoë was ’n leerder van die Sanctor Primêre Skool.

Zoë se pa, Fred Walton van Palmridge, ’n voormalige onderwyser, het in September 2017 die eerste keer sy hart teenoor die media oopmaak.

Fred voer sedert Zoë se dood ’n kluisenaarsbestaan en het maar selde kontak met enigeen in die buitewêreld.

In sy huis is teen die gangmuur gespuitverf “Zoë is still alive”.

Hy het geweier dat die fotograaf ’n foto daarvan neem.

Met trane wat in sy oë opdam, sê Fred hy kry nou nog nagmerries oor daardie noodlottige dag.

Hy het toe aan Son gesê: “Daardie dag toe Zoë gesterf het, het ek ook gesterf. “Ek was ’n pa en ma vir daardie kind.

“Ek is verby die punt van dysfunctional.

“Ek voel so swak. Ek huil elke dag, so baie dat ek in ’n stadium gedink het ek gaan blind raak. Ek is nou net ’n leë dop.”

  • Dan in 2011 is die Baai geruk deur die dubbelle moorde van Sera-Jane Oliphant (22) en Owen Domingo (31)

Die verdagtes het tereggestaan op klagte van roof, menseroof, onwettige besit van ’n vuurwapen, onwettige besit van ammunisie en twee klagte van moord.

Die hofsaak spruit uit ’n voorval toe Oliphant en Domingo­ se rooi Polo ge-hijack is.

Hulle was glo in die Bloemendal-omgewing toe die mans hulle oorval het.

Hulle is ontvoer na die Boardwalk, waar Domingo na bewering gedwing is om geld te trek.

Die volgende oggend het fietsryers Domingo se lyk tussen bosse aan die agterkant van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit gevind.

Oliphant se lyk is ’n entjie verder in die bosse naby Willows gevind.

  • Soms het dinge bietjie warm geraak in die metro se council meetings – soveel so dat Rano Kayser van die DA mediese behandeling moes ontvang nadat ’n moerse fight in Oktober 2016 losgebars het in die raadsaal van die Nelson Mandelabaai-metro.

Benewens dat die raadsaal in ’n bloedbad ontaard het, moes ’n security guard boonop ’n gun shot in die Wolraad gebou afvuur om die orde te handhaaf.

Die fight het gekom na gelang van ’n agendapunt oor die moontlike skorsing van ’n ANC-raadslid.

ANC-raadslid Rosie Daemons, wat flou geval het nadat die gun shot afgevuur is, is ook hospitaal toe geneem.

  • Die St. Albans-gevangenis buite Port Elizabeth het die nuusblaaie gehaal toe ’n video uitgelek het wat wys hoe inmates drank suip in die selle.

Son het in 2018 hieroor berig. Die paartie was in die tronk se Medium A-blok.

’n Verhoorafwagtende word gewys waar hy lekker drink saam met sy tjommie. In die video luister hulle twee na rap-musiek terwyl hulle drink.

Son het toe berig dat die DKD ’n paar jaar gelede opspraak gemaak het toe hy selfoon-opsporing-tegnologie bekend gestel het. Die doel hiervan was om onwettige aktiwiteite in die selle hok te slaan.

Dié foon wat die bogenoemde video geneem het, het tog in die tronk ingekom.

  • Dan was daar die moordverhoor van die Baaise sakeman Christopher Panayiotou wie die meesterbrein was agter sy onderwyseres-vrou, Jayde Panayiotou van Kabega Park in Port Elizabeth, se skietdood in April 2015.

Sy was ten tyde van haar dood ’n onderwyseres by ’n skool in Uitenhage.

Jayde was laaste op 21 April 2015 voor haar meenthuiskompleks in Deaconweg gesien, terwyl sy gewag het op haar lift skool toe.

Haar lyk is die next dag in bosse in KwaNobuhle aangetref.

Christopher en Sinethemba Nenembe is lewenslange tronkstraf opgelê vir haar moord.

Zolani Sibeko is 15 jaar tronkstraf opgelê vir sameswering om moord te pleeg.

  • Dan was daar die skietdood van die 11-jarige Aaliya “Angel” Tee op 7 Junie 2016. Sy is in haar ouerhuis in Barberry-rylaan, Uitbreiding 31 doodgeskiet.

Haar pa, Edmund, is in dieselfde voorval gewond.

Nealon Redhouse (18) en Deon Harmse (24), albei van Uitbreiding 31, Bethelsdorp in die Baaise Noordelike Areas dien tans lewenslange tronkstraf uit.

Hulle het tereggestaan op klagtes wat verband hou met die verontagsaming van die Suid-Afrikaanse Polisiedienswet, moord, twee aanklagte van poging tot moord, poging tot huisbraak met die opset om moord te pleeg, huisbraak met die opset om moord te pleeg en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

  • Die vermeende Nigeriese sekspes-pastoor Timothy Omotoso het landwyd nuus gemaak toe en sy twee medebeskuldigdes Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho in die hof verskyn het op ’n rits klagtes waaronder human trafficking, verkragting en rampokkery.

Omotoso is die stigter van die Jesus Dominion Inter­national Church.

Die saak voor regter Irma Schoeman word in die Baaise hooggeregshof verhoor.

  • In 2016 het Son berig oor die voormalige en welbekende leier van die Spotbouer-bende, Donovan “Staal” Berry, wie in Mei 2016 in Barberry-rylaan, Uitbreiding 31 in die Baaise Northerns doodgeskiet is nadat hy in ’n lokval gelei is.

Sy killers dien tans hul vonnisse uit vir sy skietdood.

  • Op 18 November 2017 het ’n jong ma van die Baaise Northerns se grootste vrees en nagmerrie waar geword toe haar tweejarige kind voor sy ouerhuis in die bendegeteisterde Helenvale doodgeskiet is.

Die oorledene, Hakeem Baartman, was besig om voor sy ouerhuis te speel toe hy tydens ’n skietery in die kop getref is.

Sy ma het vroeër aan Son gesê hoe sy terugflitse kry van hoe Ashley Baartman (21), Hakeem se getraumatiseerde neef, op die dag van die skietvoorval met haar bebloede kind in sy arms na haar toe aangehardloop gekom het.

Maxwell Muller (23) en Marshall Thomas (22) is elk 25 jaar tronkstraf opgelê vir Hakeem se skietdood.

  • Nuus wat in 2016 opslae gemaak het in Humansdorp was toe ’n man daarvan beskuldig was dat hy sy vrou doodgemartel het.

Regter Irma Schoeman het Dené Samuel Stebuys (40) van Vaaldam, Humansdorp, eventually vir 16 jaar tronk toe gestuur vir die moord op sy vrou.

Stebuys was ’n werknemer by die Kouga-munisipaliteit

Hy het ook tereggestaan op twee klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding en die verontagsaming van ’n beskermingsbevel.

Sy vonnis kom nadat hy na bewering sy vrou, Marilyn, op 5 Junie 2016 doodgemartel het met ’n baksteen of soortgelyke stomp voorwerp.

  • Dan het Son in 2016 berig oor ’n beweerde laaste-minuut-aanbod van R2.5 miljoen wat nie genoeg was om die maatskappy-arm van die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) van voorlopige likwidasie te red nie.

Die likwidasie-aansoek teen OP Rugby (Edms.) Bpk. is deur 18 OP-spelers en die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (Sarpa) gebring.

Regter Jannie Eksteen het destyds die voorlopige likwidasiebevel in die Baaise hooggeregshof gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters