2 maande gelede
‘Delila' laat domino's val
lt.kol. Mike Grobler  ~ 

DIE vertroue wat tussen die bende-eenheid en inwoners van die Baaise North­erns geheers het, is gedestroy kort nadat Alicia­ Beeming in hegtenis geneem is.

Só het lt.kol. Mike Grobler­, hoof van die provin­siale bendetaakspan, gister in Beeming se hofsaak ter verswaring van haar vonnis getuig.

Beeming het vroeër skuld erken op ’n klag van dwarsboming van die gereg.

Tot en met haar inhegtenisneming was Beeming ’n konstabel in die bende­eenheid.

Sy het in haar pleitverduideliking gesê sy het van 1 April 2014 tot 6 Maart 2015 geweet Hans Jordaan, ’n gangster, is ’n wanted suspect.

Volgens haar het sy in dié tydperk geweet wat sy where­abouts is en het sy kontak en meetings met hom gehad.

Sy het voorts gesê uit die aard van haar werk het sy ’n wetlike plig gehad om haar commander van Jordaan se whereabouts te laat weet.

Beeming het toegegee sy het nie haar bevelvoerder hieroor ingelig nie.

Grobler het getuig toe Beeming in hegtenis geneem is, moes al die sake wat sy in daardie stadium ondersoek het, terug­getrek word omdat sy nie meer as ’n geloofwaar­dige getuie beskou kon word nie.

Hy het gesê as gevolg van Beeming sit hy tans met ’n siviele eis van R5,5 miljoen teen hom.

Volgens Grobler was Beeming ’n ondersoekbeampte in bendeverwante sake.

Alicia Beeming Foto’s: theo jeptha

Hy het gesê sy het insae gehad in ondersoeke, witnesses, beskuldigdes en strategieë wat verband hou met die oplos van bendeverwante probleme.

Volgens hom is sy opdrag gegee om bendes soos die Dust Lifes en Upstand Dogs te ondersoek. Jordaan was ’n Upstand Dog.

Grobler het gesê die bende-eenheid is ’n geheime eenheid. Elke lid moet maandeliks ’n eed van geheimhouding onderteken.

Hy het verduidelik dié ondertekening verhoed lede om enige inligting uit te gee aan die polisie, die publiek en hul familie.

Volgens Grobler het Beeming se arrestasie ’n negatiewe uitwerking op die bende-eenheid gehad.

Hy het gesê Jordaan is vrygelaat omdat sy inligting weerhou het.

Die saak is tot 31 Januarie uitgestel vir slotbetoë.

Hennie Bence tree namens Beeming op.

Adv. Mujaahid Sanden kla aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters