11 dae gelede
Damme nie meer so droewig
vloede: Só lyk Assegaaibos buite Kareedouw die naweek ná swaar reënval.Foto: facebook  ~ 

DIE Oos-Kaap het welkome reën gekry in veral die hoofdamme se opvangsgebiede.

Daar het tot sneeu geval in dele van die provinsie.

Hoewel daar nog tot Woensdag afloop tot in die opgaardamme verwag word, was die damvlakke gister reeds hoër.

Die Loeriedam, die kleinste van die damme, het teen Saterdagmiddag reeds oorspoel.

Honderde inwoners in die Baai is egter gereed om hul huise te ontruim omdat dit onder water is.

Garth Sampson van die Baaise weerkantoor sê: “Alhoewel daar net 29 mm reën was by die Port Elizabeth-lughawe, is dit ’n baie ander situasie in die opvangsgebiede van die Nelson Mandelabaai.

“Joubertina het (Vrydag) 163 mm en Kareedouw meer as 155 mm reën gehad. Selfs Patensie was gelukkig en het 41 mm reën gehad.”

Hy sê voorts die Krakeel- en Kromrivier voed weer vir damme goed.

Vrydag in Louterwaterhoek was die reënvalsyfer 216 mm, Krakeelhoek 230 mm en Misgund 170 mm

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder in die Nelson Mandelabaai-metro, sê rampbestuur het verskeie huisgesinne gehelp in die noodtoestande.

“Sowat 150 mense van Missionvale­ is ontruim uit hul oorstroomde informele nedersettings.

verbetering: Die Churchill-dam het van ’n 20%-kapasiteit tot 80% gestyg.Foto verskaf
dankbaar: Kinders maak tyd vir pret in die reënwater by Patensie.
strome: Die Krakeelrivier loop sterk in die Kougadam in.Foto: facebook
grootste dam: Die Kouga was die naweek nog aan die leë kant. Foto’’s: maryna barnard

“Hulle word tans gehuisves by die Primêre Skool Missionvale­.

“By die Walmer Airport­ Valley (informele nedersetting) is 40 mense ontruim na die gemeenskapsaal as gevolg van oorvloeiing van hul informele strukture.

Volgens hom was daar ook vloede in wyk 42 in Area 7 en 8 in KwaNobuhle en sowat 14 mense is geaffekteer.

In wyk 29, by die informele nedersetting Chatty, is huise ook geaffekteer deur vloede.

Mniki sê in Khayamnandi, Despatch by Qunu is 200 families ook geaffekteer, asook in die informele nedersetting Vastrap in Booysenpark.

Die nuutste amptelik reënvalsyfers in die Baai soos dit gister gelyk het, is soos volg:

Port Elizabeth-lughawe – 29,4 mm

3de Laan dip – 27,2 mm

Chatty – 18 mm

Coega – 9,2 mm

Fettesweg – 27,2 mm

Flower Reserve – 50,8 mm

Motherwell – 18,8 mm

Riverstone Bridge – 25 mm

St. Albans – 40 mm

Uitenhage – 16,2 mm

Ander dele in die Oos-Kaap wat goeie reën gekry het is:

Addo – 15,4 mm

Kaap St. Francis – 25,2 mm

Graaff-Reinet – 10,8 mm

Mosselbaai – 36,2 mm

Plettenbergbaai – 95,4 mm

Die Churchill-dam se lesing laat Saterdag dui aan dat dit van ’n 20%-kapasiteit tot 62,5% gestyg het.

Teen Sondagoggend was die dam meer as 80% vol.

Sampson sê ook dat die Kougadam, wat amper dolleeg was sowat twee weke gelede, het gister teen lunchtyd op 19,93% gestaan met miljoene liter water wat steeds besig is om in te vloei.

Akkurate syfers van die ander damme was nie beskikbaar nie.

Mniki sê: “Die reën word verwelkom, maar ons bly in ’n kritieke toestand.

“Ons vra inwoners om steeds water spaarsamig te gebruik.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters