12 dae gelede
DA pak Bobani oor 8 ‘wagte’
Mongameli Bobani  ~ Theo Jeptha

IN DIE lig van al die dreigemente teenoor Baaise raadslede maak die burgemeester, Mongameli Bobani, seker hy is protected.

Hy het nou na bewering sommer ag beamptes wat hom oppas.

Gustav Rautenbach, ’n DA-raadslid en die party se woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit, sê Bobani het twee lyfwagte gehad, maar het nou nog twee bygekry.

“Burgemeester Mongameli Bobani is slegs twee nabye beskermingsbeamptes toegeken. En nog twee is aan hom toegeken deur die (Nelson Mandelabaai Munisipaliteit se) departement veiligheid en sekuriteit,” sê Rautenbach.

Verwyder

“Voorts sal ’n verkeersdepartement-voertuig met twee beamptes en ’n metropolisievoertuig met twee beamptes hom elke dag van 08:00 tot 16:00 escort.

“Dit beteken dat burgemeester Bobani ag sekuriteitsbeamptes te alle tye by hom het,” benadruk Rautenbach.

Hy meen om die voertuie van die pad te verwyder om die mayor heeltyd te volg, het koste-implikasies.

“Dié beamptes word nou betaal vir die uitvoer van nie-kernfunksies.

“Al twee departemente het te min personeel en kan nie bekostig om minder voertuie en beamptes op die pad te hê nie.”

Hy meen Bobani se aanvraag (vir meer sekuriteit) beklemtoon hy gee meer om oor sy eie veiligheid as dié van die inwoners.

Rautenbach het vrae by die Metro ingedien en ’n risiko-ontleding aangevra, wat deel moes gevorm het van die aanvraag vir addisionele sekuriteit.

Warren Prins, die hoof van die Metro se verkeers­departement, het Son verwys na die Metro se kommunikasiedepartement vir kommentaar.

Yolande Faro, die hoof van die metropolisie, het Son verwys na Shane Brown, die metropolisie se waarnemende uitvoerende direkteur. Hy het Son na die mayor se kantoor verwys.

Smokkel

Bobani sê hy merk met groot kommer dat die DA-raadslid die security detail van die burgemeester aan die media bekend gemaak het in ’n desperate poging om politieke punte te score.

“Dit wys duidelik die DA se desperaatheid om hom tot elke prys by die regering in te smokkel,” sê Bobani.

“Dit is ’n sekuriteit-kwessie wat sensitief is en kan nie roekeloos deur die media gehanteer of gebruik word om desperate politieke speletjies te speel nie.”

Bobani voeg by die DA-raadslid moet maar sy vrae aan hulle stuur.

Hy sê dit sal in die regte kanale binne die sekuriteitsbeleid en riglyne aandag kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters