20 dae gelede
Covid-19 gevalle styg in die Oos-Kaap
Infeksies is besig om in die Oos-Kaap te styg.  ~ Foto ter illustrasie

HOSPITALE in die Oos-Kaap is besig om weer te begin vol raak weens 'n styging in Covid-19-gevalle.

Volgens amptelike syfers was daar vir Oktobermaand 'n toename in die aantal positief bevestigde gevalle en hospitaal-toelatings.

News24 berig vroeë aanduidings is duidelik dat 'n tweede wave die provinsie getref het.

Teen Donderdag was daar 710 pasiënte in 98 staat en private hospitale. Van hierdie is 52 op ventilators en 45 in ICU. Hierdie is die hoogste hospitaal toelatings tot nog.

News24 berig dat die meerderheid van die nuwe gevalle is in hospitale in Nelson Mandelabaai en Buffalo City. Die hospitale se kapasiteit is egter onduidelik.

Volgens die nasionale instituut vir oordraagbare siektes is 13 101 persone sedert die begin van die plaaslike corona-virus pandemie in hospitale in die Oos-Kaap opgeneem.

Van hierdie pasiënte is 8 844 ontslaan en het 3 471 gesterf. Teen Vrydagaand was daar 90 919 herstel gevalle en 3 813 Covid-19-verwante sterftes in die provinsie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters