4 maande gelede
Cops vang twee wat escape het
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Twee ontsnaptes is weer agter tralies.  ~ Foto ter Illustrasie

’N VERMEENDE verkragter wat Saterdag oor lunch-tyd uit polisie-aanhouding ontsnap het, is weer gearresteer.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, het bevestig Ntando Zenzile (28) is Maandag in die Bikane-lokasie in Willowvale gearresteer.

Zenzile en nog ’n verhoorafwagtende inmate, Sinalo Ndabeni, het ontsnap toe die polisie vir hulle kos geneem het.

Ndabeni, wat in aanhouding is op ’n aanrandingsklag, is kort ná sy ontsnapping weer in Willowvale aangekeer.

Beheer

Volgens Tonjeni is ’n taakspan saamgestel om Zenzile vas te trek. ’n Interne ondersoek word ook nou gedoen om vas te stel presies hoe die twee mans, wat albei in handcuffs was, daarin geslaag het om weg te kom.

Sake van ontsnapping uit wettige aanhouding is nou teen die twee inmates geopen.

’n Tweede klag word ook ondersoek teen die polisielede wat in beheer was om die inmates op te pas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters